Zuid-Afrikaanse president verwijt alle problemen zwarten aan Jan Van Riebeeck
Omdat het ANC stilaan een puinhoop van Zuid-Afrika maakt met slechte ziekenhuizen, een vervallen leger, problemen met de elektriciteitstoevoer, kortom de volledig destabilisatie van het land gaat men weer de racistische toer op. De hedendaagse problemen zijn volgens president Zuma allemaal het gevolg van het feit dat de Hollanders dit land gekoloniseerd hebben. Dat de Nederlanders en de blanken ook welvaart brachten is Zuma volledig vergeten.
Jacob Zuma en het ANC hebben gedurende één generatie alle posten uitgedeeld aan mensen die totaal niet gekwalificeerd waren. Huidskleur was de eerste vereiste om een job te kunnen krijgen. Het verguisde blanke racisme werd vervangen door een zwart racisme. De kolonisatie en de apartheid waren verkeerd, maar hetgeen in de plaats is gekomen, is nog veel slechter. Het land valt stilaan uiteen en net zoals Mugabe in Zimbabwe zal men nu de blanken opnieuw aanpakken en hun eigendommen en bezittingen afnemen. Er stapelen zich donkere wolken op aan het Zuid-Afrikaanse firmament.
Julius
Malema, leier van die EFF, op 14 Desember 2014 tydens die party se
leierskongres by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein Foto:
Getrude Makhafola/Sapa
Die EFF in Gauteng gaan vanjaar begin met ʼn program om vakante grond te beset.
Die grondbesettingsprogramme is bo-aan ons prioriteitslys, wat tot
gevolg sal hê dat gemeenskappe wat uitgedryf is, eienaarskap neem van
vakante grond as n middel om hulself te bemagtig, het Ntobeng Ntobeng,
woordvoerder van die EFF, gesê.
Die Gautengse provinsiale bevelspan (PCT) het Saterdag sy eerste
vergadering gehou. Die vergadering volg op die EFF se eerste
leierskongres wat in Desember in Bloemfontein gehou is. Tydens die
kongres is die party se top ses leiers en 35 bykomende lede in die party
se bevelstruktuur aangewys.
Ntobeng het gesê hulle sal ook in die provinsiale wetgewer aandag gee
aan die eis dat president Jacob Zuma ʼn gedeelte van die R246 miljoen
wat op veiligheidsopgraderings aan Nkandla bestee is, moet terugbetaal.
Hierdie inisiatief van die EFF berus op ons nie-onderhandelbare
anti-korrupsie standpunt wat bepaal dat, onder n EFF-regering,
staatsamptenare en politici wat skuldig bevind word aan bedrog
tronkstraf van nie minder nie as 20 jaar sal kry, het Ntobeng gesê.
Pres.
Jacob Zuma, adjunkpres. Cyril Ramaphosa, ANC sekretaris-generaal Gwede
Mantashe en tesourier-generaal Zweli Mkhize by die ANC se 103de
herdenking in Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2015 Foto: Elmond Jiyane,
departement van kommunikasie
Die Menseregtekommissie (MRK) het bevestig dat president Jacob Zuma van haatspraak aangekla is.
Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, het gesê die Vryheidsfront
Plus het die klag aanhangig gemaak. Die klag hou verband met uitlatings
wat Zuma glo tydens ʼn fondsinsameling van die ANC gemaak het. Hy het glo
gesê al die moeilikheid het begin toe Jan van Riebeeck in 1652 in die
Kaap aangekom het.
Hulle [die VF Plus] beweer dat die uitlatings negatief veralgemeen
teenoor die afstammelinge van Jan van Riebeeck en wit mense in die
besonder, en dat die uitlatings Afrikaners demoniseer op grond van n
verkeerde historiese siening.
Mangena het gesê die MRK is tans besig om die klag te beoordeel en te besluit of hy die mandaat het om voort te gaan daarmee.
Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê sy party het
genoop gevoel om die klag aanhangig te maak aangesien hulle van mening
is dat die uitlatings wat aan Zuma toegeskryf is ʼn vorm van haatspraak
is.
Hy het gepraat op grond van ras. Hy het verwys na die blankes en
gesê waar blankes betrokke is by swart mense, hulle in aggressiewe dade,
oorlogvoering en die verplasing van swart mense betrokke is, volgens
Alberts.
Hy [Zuma] het ook gesê die ANC is ʼn formasie van inheemse mense
wat impliseer dat ander mense nie as inheems beskou kan word nie.
Alberts het verwys na die voorwoord van die Grondwet, wat bepaal dat
Suid-Afrika aan almal wat daarin woon behoort. Volgens Alberts word wit
mense, bruin mense en Indiërs as nie-inheems beskou en skep dit n
bedeling waar hulle as tweederangse burgers, as koloniste, beskou
word.
Hy beweer die uitlatings wat aan Zuma toegeskryf is, is nie histories
korrek nie. Ons vra dat die MRK die ANC verplig om betaalde
advertensies in die hoofstroomkoerante te plaas waar hulle om verskoning
vra en ook dat Zuma uit sy eie sak, en die ANC, elk R1 miljoen in n
fonds inbetaal vir mense wat deel is van die minderheid en slagoffers
van misdaad is, het Alberts gesê.
Mac Maharaj, woordvoerder presidensie, het navrae na die ANC verwys. Die ANC kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
De Zuid-Afrikaanse president Jacob Zuma belooft in 2015 het land te hervormen. In praktijk betekent dit dat hij de blanke boeren hun land zal afnemen en wegschenken aan de zwarten. Dit scenario is niet nieuw. Op dezelfde manier werd Zimbabwe, ooit de graanschuur van Zuidelijk Afrika genoemd, op enkele jaren tijd kapot gemaakt.
Het grote probleem van de zwarte Zuid-Afrikaanse leiders is het gebrek aan opleiding en ervaring. Jacob Zuma staat alom gekend om zijn beperkingen. Nu zijn populariteit aan het dalen is, laat hij zich misleiden door populistische maatregelen, zoals het gewoonweg afnemen van rijkdom en eigendommen van de "rijke" blanken. Op dat gebied is de extreem-linkse Zuid-Afrikaanse leider Malena het lichtend voorbeeld. Nog maar enkele dagen geleden verklaarde president Zuma dat alle problemen in Zuid-Afrika begonnen zijn in de 17e eeuw met de aankomst van de Hollander Jan van Riebeeck. Hij vergeet meteen wat de Hollanders goed hebben gedaan in het land. Het land was een onontgonnen gebied, waar nomaden-jagers leefden. De Hollanders brachten moderne landbouw, mijnontginning, infrastructuur, scholen, dorpen en een hypermoderne geneeskunde. Dat Zuid-Afrika momenteel nog steeds bij de meest welvarende landen van Afrika behoort is enkel en alleen te danken aan de nalatenschap van Jan van Riebeeck. En natuurlijk dat het koloniale regime zijn negatieve kanten had en natuurlijk dat apartheid verkeerd was. Maar men mag 20 jaar na de vrije verkiezingen niet de omgekeerde weg ingaan. Een "reverse-apartheid" waarbij men mensen discrimineert omdat ze blank zijn is even slecht dan het origineel. En misschien is het zelfs nog slechter omdat men reeds de gevolgen ervan kent. Als men een nefast systeem wil invoeren kan dat nu enkel en alleen nog uit slechte wil.
De omweerwolken stapelen zich dus op aan Zuid-Afrikaanse hemel. De blanke boeren hebben in het verleden al dikwijls moeten strijden voor het behoud van hun rechten en grondgebied. Tijdens de boerenoorlogen een eeuw geleden werden ze opgejaagd door de Engelse kolonisator. Die vond er niets beter op dan concentratiekampen in te richten voor deze bevolkingsgroep. Inderdaad, niet de Duitsers maar de Engelsen zijn de uitvinder van deze verschrikking. En nu deze populistische maatregelen...
Zuma confirms land expropriation for 2015
10 January, 06:45 PM
Delivering his speech during the ANC's 103rd birthday
celebrations in Cape Town this week, President Jacob Zuma spoke directly
on land reform.
Describing the "willing buyer, willing seller"
model of land reform as "unsuccessful", Zuma explained expropriation
will be on the cards for South Africa this year.
Zuma explained the system would be carried out "in line with the constitution". Watch.
(Gordon) "KILL THE BOER" word gesing, ons soek jou plaas word gesê
Julius Malema en die Economic Freedom Fighters (EFF) wil nie jou huis, jou kar of jou klere hê nie net jou plaas.
Só het Malema, leier van die EFF, gister die party se benadering tot
sosialisme beskryf op die EFF se eerste nasionale verkiesingskonferensie
hier.
Die sosialistiese projek
wat ons nastreef, beteken nie dat mense almal dieselfde klere gaan dra
nie, dat hulle dieselfde gaan loop nie en op presies dieselfde wyse
dinge in opdrag van n magtige staat wat nie menseregte respekteer nie,
gaan doen nie.
Hy het bevestig dat mense wel toegelaat sal word
om private eiendom soos motors, TV-stelle en klere onder n EFF-regering
te besit.
Malema het gesê sosialisme raak nié ontslae van die private besit van eiendom nie solank dié besit nie uitbuitend is nie.
Sosialisme gaan slegs oor die beëindiging van die private besit van
produksiemiddele, soos myne, groot plase en monopolistiese nywerhede,
het Malema gesê.
Malema het wel gesê alle grondbesit sal na die staat oorgeplaas word om gelyk herverdeel te word.
Luidens die party se beleidsdokumente sal mense toegelaat word om
aansoek te doen om n 99-jaar-huurpagooreenkoms vir hul huise.
Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter
Die land is baie trots op Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss nadat sy
Sondag in Londen as Mej. Wêreld gekroon is, het pres. Jacob Zuma gesê.
Ons is baie trots dat een van ons eie hierdie gesogte titel kon
insamel ná maandelange harde werk en toewyding, het hy in ʼn verklaring
gesê. Me. Strauss het die vermoë van Suid-Afrikaners bewys om op
wêreldverhoë te kan skitter. Ons is vol vertroue dat sy die
Suid-Afrikaanse vlag selfs nog hoër sal laat wapper terwyl sy haar nuwe
verantwoordelikhede vervul. Namens alle Suid-Afrikaners wens ons haar
hartlik geluk en alles van die beste vir hierdie nuwe rol.
Dié mediese student van die Vrystaat het eerste prinses mej. Hongarye
Edina Kulcsar en tweede prinses Mej. Amerika Elizabeth Safrit uitgestof
om die kroon te dra.
Die laaste keer wat ʼn Suid-Afrikaner die titel kon wen was in 1974 toe Anneline Kriel as Mej. Wêreld aangewys is.
Anthony Benadie, leier van die Demokratiese Alliansie in Mpumalanga
het Rolene, oorspronklik van Volksrust in Mpumalanga, in ʼn verklaring
gelukgewens.
Intussen stroom gelukwense in op sosiale media.
Jonathan Jansen, rektor en vise-kansellier van die Universiteit van
die Vrystaat het op Twitter geskryf: Hou op met huil! So ongelooflik
trots op my student. Die Universiteit van die Vrystaat vier vanaand
fees! Baie geluk Rolene. You lift us up [moontlik met verwysing na die
lied van Josh Groban, You lift me up, wat die deelnemers tydens die
kompetisie vir die voorsitter van die Mej. Wêreld-organisasie, Julia
Morley, gesing het].
Die universiteit het ook op sy Facebook geskryf: Mej. Wêreld is ʼn
Kovsie! Baie geluk aan Rolene Strauss dat jy die wêreld oorwin het. Ons
is baie trots.
Eintlik,
so blyk dit uit die jongste bevindinge van die versoeningsbarometer,
sou die vraag moet lui: Is ek eerstens n Suid-Afrikaner, of is ek
eerstens wit/swart/bruin?
Die jongste barometer is gister deur die Instituut vir Geregtigheid
en Versoening bekend gemaak. Burgers se strewe na n verenigde nasionale
identiteit het sedert 2003 van 72,9% tot 55% afgeneem. South Africans
are disillusioned with the idea of a united nation, skryf Business Tech in sy beriggewing hieroor. (Die instituut se volledige verslag kan hier afgelaai word.)
Die Instituut wys daarop dat meer mense nou hulle volgens ras as belangrike merker van identiteit meet as voorheen.
Die redes hoef nie ver gesoek te word nie, beginnende by die
nasionale uitsaaier wat in die Afrikaanse TV-nuus om 19:00 breedvoerig
uit die verslag aangehaal het, maar in die opperste vorm van
nuusmanipulasie hierdie deel van die verslag soos n stopstraat
geïgnoreer het. En n ou waarheid van strategiese kommunikasie is as
mense begin agterkom iemand probeer met hulle koppe smokkel, sal hulle
hul daarteen verset.
Tot RSG se krediet is in die nuus om 16:00 genoem dat die Instituut
bevind het Suid-Afrikaners is ontnugter met die reënboognasie.
Maroela het telkemale daarop gewys dat die regering se rasbenepenheid en
eintlik obsessie met ras presies dít in die hand gaan werk n
rasbewustheid met die nodige rassisme as newe-produk.
Wat anders as daar nou waarskynlik meer rasgedrewe wette op die
wetboek is as wat daar op die hoogtepunt van apartheid was? Wetgewing
wat die mens se lewe van die wieg tot die graf rig, met geen aanduiding
van n sonsondergangklousule nie. Veral as onthou word dat die vorige
regering ruim voor 1994 die laaste apartheidswet uit die wetboek
verwyder het.
Weens die blanke se getalle, is die blankes se aandeel in die
verkryging van die jongste persentasies eintlik onbeduidend, hoewel in
die groter konteks nie minder belangrik nie.
Tradisioneel, hoe dieper die ANC in die moeilikheid (by sy eie
kiesers) is, hoe harder word die rassetamboer gewoon geslaan en is alles
weer reg.
Die jongste manifestasie was die minister van hoër onderwys en
SAKP-leier, dr. Blade Nzimande, se monduitspoelery oor Akademia, waar
die bysleep van ras suiwer n verbeeldingsvlug van die minister en sy
adviseurs is.
Nie dat daar nie Afrikaners is wat help stook nie. Gister was daar
n foto op Facebook van dr. Corné Mulder van die VF Plus saam met Anchen
Dreyer (DA) en Lindiwe Zulu (ANC) afgeneem kort voor hul deelname aan
n TV-program. Onderaan, nogal onder sy eie naam, skryf een: Ek pleeg
eerder selfmoord as om saam met n m d (Nederlandse woord vir volwasse
meisie) op n foto te verskyn.
Iemand wil nie dalk vir die persoon n stomp mes aanstuur ter wille van die Afrikaner se behoud in die land nie?
Nog n bevinding van die opname is dat net 53% van die blankes
saamgestem het dat apartheid n misdaad teen die mensdom was.
Hierteenoor het 80% van die swart mense, 77% Indiërs en 70% bruin mense
dit geglo. In die geheel het 86,5% van die mense in 2003 gemeen
apartheid was n misdaad teen die mensdom, teenoor 76,4% nou. (News 24 se opsomming van die verslag kan hier gelees word.)
Op die gevaar af om te oorvereenvoudig, of mis te kyk dat die verslag
dalk metodologie- of uitlegfoute bevat, is dit moeilik om tot n ander
gevolgtrekking te kom as dat die skynbare opwelling van ras-identtieit
ten koste van nasionale identiteit nie deur n groot deel van die
publiek van alle rasse as negatief ervaar word nie. Oor te veel ander
aspekte is daar positiewe bevindings (dit sou inderdaad positief wees
as dit met feite gestrook het). Net 24% van die ondervraagdes meen die
ekonomiese toestande het versleg terwyl 39,5% meen dit het verbeter.
Weliswaar meen 41,2% indiensneming het agteruitgeboer teenoor 31,1% wat
meen dit het verbeter. Maar 44% meen rasseverhoudinge het die afgelope
dekade verbeter, teenoor 17,4% wat meen dit het versleg. Altesaam 41,4%
meen moraliteit het verbeter teenoor net 21,4% wat meen dit het versleg.
Met soveel skynbare inherente uitskieters en teenstrydighede moet die
verslag met groot waaksaamheid, baie vertolking en heel waarskynlik n
gesonde skoot skeptisisme deeglik bestudeer word alvorens dit in enige
beleidsraamwerk ingeweef kan word.
n Insiggewende aanhaling uit die Instituut se opsomming van die
verslag lui soos volg: Key findings point to a significant decline in
confidence and trust in governance institutions. In particular, results
show a drop in citizens confidence in governance institutions,
especially national government (10.8% decrease since 2012), as well as a
13% increase in the percentage of citizens who feel that government
does not care about people like them. It is of interest to note that
these declines occurred in the wake of the African National Congress
(ANC) National Conference that was held in Mangaung in December last
year, and in the run-up to the 2014 general elections.
Teen dié tyd weet die Afrikaner dat hy maklik die sondebok gemaak
word vir alles wat sleg is. Juis daarom moet die Afrikaner sorg dat sy
neus skoon bly of eintlik meer: dat hy die morele hoë grond beklee.
Die morele hoë grond maak dit moontlik dat Afrikaner-belangeorganisasies
soos onlangs, die VN se onderskeie komitees met gesag kan toespreek en,
gelaai met werklike feite, daar invloed kan uitoefen. Uiteindelik kan
die Afrikaner hom beroep op internasionale geregtigheid.
Maar dan moet die Afrikaner die morele hoë grond beklee en die reg
aan sy kant hê. En om ras, en veral rassisme en haatspraak-uitlatings
deel hiervan te maak, is nie deel van die internasionale reg of die
grondwet nie. In daardie geledere het ras net n negatiewe reg, met
ander woorde, duidelike sake wat verbied word, soos dat daar nie
onbillik teen n bepaalde ras gediskrimineer mag word nie, dat daar nie
haatspraak teen n ander ras gepleeg mag word nie, ensovoorts. Maar kom
dit by minderheidsregte, is daar ook positiewe regte wat uitgeoefen mag
word. Maar in ons grondwet, soos in artikel 235, en in die
internasionale reg soos universiteite vir minderheidstale, is ras
uitgesluit. Die twee soorte regte moet dus duidelik geskei word as die
Afrikaner wil droom oor enige minderheidsregte.
En haatspraak is nie die manier om daar uit te kom nie.
Die debat oor Suid-Afrikanerskap eerste sal nog lank woed, en die
wyse waarop analiste dit aanspreek, en die regering die voetwerk (reg)
doen, gaan tot n groot mate die uitkoms bepaal. Maar as die regering
gemeen het optredes wat tot vervreemding van gemeenskappe lei (die
verslag toon aan dat bruin mense van die mees ontnugterdes is) is n
metode om nasionale eenheid aanmekaar te timmer, wys die verslag nou dat
dit boemerang.
Oud-Burgemeester gearresteerd omdat hij vroeg naar alcoholtest
Een Zuid-Afrikaans oud-Burgemeester werd hardhandig gearresteerd nadat hij vroeg om een alcoholtest af te nemen bij een accident. Met getrokken geweren werd de man afgevoerd!
AfriForum gaan ʼn klag indien by die departement van basiese onderwys
na aanleiding van ʼn ontstellende illustrasie in een van die vrae in
vandag se departementele gr. 9-geografie-vraestel.
ʼn Onderwyseres wat verkies om anoniem te bly, het AfriForum in kennis
gestel van n tekenprent in dié vraestel wat ʼn vet wit man uitbeeld wat
deur ʼn maer swart man, wat ook as ʼn slaaf gesien kan word, gevoer word.
Die vraag na aanleiding van die skets lui: Watter een van dié twee mans
het ʼn hoër lewensverwagting?
Dit is vir AfriForum ontstellend dat die vraag op so n
wyse geïllustreer word, al is dit satiries van aard. Waarom is dit nodig
dat daar volgens kleur en klas onderskei moet word om te bepaal wat ʼn
persoon se lewensverwagting is? Dit is diskriminerend en onnodig, sê
Carien Bloem, hoof van AfriForum se onderwysveldtogte.
AfriForum dring aan op ʼn verduideliking oor waarom so ʼn illustrasie
in die eerste plek in ʼn departementele vraestel toegelaat is. Ons sal
ook graag wil weet wat minister Angie Motshekga se siening hieroor is.
Ons gaan nooit ʼn punt van gelykheid bereik as selfs
leerlinge op skoolvlak aan sulke propagandistiese materiaal blootgestel
word nie, meen Bloem.
ʼn
Polisiekonstabel van Mpumalanga het Woensdag in die
Nelspruit-landdroshof verskyn in verband met die diefstal van ʼn
skootrekenaar.
Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat
konst. Promise Mashego (27) Vrydag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn
Apple MacBook uit David Mabuza, premier van Mpumalanga, se kantoor
gesteel het.
Mashego is nie tydens sy hofverskyning gevra om te pleit nie. Die hof
het gehoor dat kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die beskuldigde, in
sy polisie-uniform, die skootrekenaar van nagenoeg R28 500 vat.
Mashego is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy moet weer op 21 Januarie in die hof verskyn.
President Jacob Zuma het Woensdag erken dat die ANC geskud is en in die moeilikheid is.
Die jeugliga is geskud, maar die moederliggaam is ook geskud, het
hy aan afgevaardigdes by die ANC-jeugliga se konsultatiewe konferensie
in Soweto, Johannesburg, gesê. Ons erken dat die organisasie in die
moeilikheid is.
Zuma verwys na gesprekke Dinsdag tussen die ANC se gekombineerde nasionale werkkomitee en die nasionale uitvoerende komitee.
Ek kan jou waarborg dat as alles met die ANC verkeerd loop, sal
alles in die land verkeerd loop. Daar is geen twyfel daaroor nie, het
hy gesê. Hy het die jeugliga-lede gemaan om die ANC te verdedig.
Voordat Zuma opgedaag het, het afgevaardigdes liedere gesing wat die
president vereer, en gesing, lei ons Zuma, in isiZulu. Toe hy by die
saal instap, het die afgevaardigdes gejuig en Umshini wam (bring my
masjiengeweer) gesing.
Die ANC-jeugliga se konferensie moes die jeugliga se
verkiesingskonferensie gewees het, maar die nasionale taakspan het
Dinsdag aangekondig dat die afgevaardigdes nie nuwe leiers sal aanstel
nie. Magasela Mzobe, koördineerder van die taakspan, het gesê die
verkiesingsfase is vir 2015 beplan. Dit is die tweede keer dat die
verkiesing vir nuwe leiers uitgestel word. Die eerste een moes reeds
tussen 24 en 28 September plaasgevind het.
Mzobe het vandeesweek gesê die konsultatiewe forum sal slegs
politieke, organisatoriese en funksionele verslae hanteer en sal
kommissies hê wat die beleidsdokumente hanteer. Die nasionale taakspan
is verlede jaar ingestel nadat die ANC die besluit geneem het om die
ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komitee te ontbind.
ʼn Aantal afgevaardigdes was ongelukkig dat die verkiesing vir nuwe
leiers weer uitgestel is. ʼn Groep afgevaardigdes van Gauteng was
oproerig en het sommige ANC-leiers afgejak deur boo! te skree. Hulle
het ook boo! geskree omdat hulle nie by die konferensie mag stem nie.
Zuma het tydens sy toespraak aan die afgevaardigdes gesê die ANC het
die besluit geneem om die jeugliga se konferensie eerder ʼn
konsultatiewe-konferensie, in plaas van ʼn verkiesingskonferensie te
maak. Ons wou nie dieselfde uitslag hê as die vorige keer nie, het hy
gesê, met verwysing na die omstrede 2011-konferensie toe voormalige
ANC-jeugligaleier, Julius Malema, vir ʼn tweede termyn verkies is.
Daar was reeds talle uitdagings voor die konferensie. Terwyl ons met
die nasionale taakspan vergader het om die konferensie te bespreek, en
hulle verslag gedoen het, was ons nie oortuig dat dit veel anders sou
wees as die vorige konferensie nie, het Zuma gesê. Ons [die ANC] het
aan die nasionale taakspan gesê ons kan julle nie toelaat om voort te
gaan nie.
Zuma het gesê indien die ANC-jeugliga se verkiesingskonferensie
hierdie week sou plaasgevind het, sou dit weer ontbind moes word. Hy het
die afgevaardigdes aangemoedig om die konsultatiewe konferensie te
gebruik om die jeugliga weer op te bou. Dit word gedoen ter wille van
die hele beweging.
Hy het gesê die afgevaardigdes raak te opgewonde wanneer hulle nuwe leiers moet kies, en vergeet dan van beleidskwessies.
Dit was die regte besluit om te neem. Miskien dink jy as ʼn individu
of julle as groep dat dit nie die regte besluit was nie, maar dan plaas
jy nie die organisasie eerste nie. Ons is hier vandag, maar ons sal nie
môre hier wees nie maar die ANC sal. Kom ons plaas die ANC eerste, het
hy gesê.
Senior leiers van die ANC insluitend twee voormalige
ANC-jeugligapresidente, minister van binnelandse sake Malusi Gigaba en
sportminister Fikile Mbalula het ook die konferensie bygewoon. Gwede
Mantashe, sekretaris-generaal van die party; sy adjunk Jessie Duarte; en
ANC-tesourier Zweli Mkhize was ook teenwoordig.
President Robert Mugabe is deur die African Council for Distance Education as die skolier van die eeu aangewys.
Die Zimbabwe Broadcasting Corporation (ZBC) berig
dat dr. Olivia Muchena, minister van hoër en tersiêre onderwys, tydens
die geleentheid gesê het dat Mugabe ʼn fantastiese skolier is en dat geen
leier al só prestasie behaal het nie.
Muchena het gesê as n vooraanstaande afstandsonderrigstudent is
Mugabe n spesialis in politieke ekonomie en maatskaplike
ingenieurswese.
Dit kom kort na berigte dat Mugabe sy vrou, Grace, se doktoraat
nagesien het. Oppah Muchinguri, uittredende hoof van die
Zanu-PF-vroueliga, het vroeër die week tydens ʼn saamtrek in Mazowe,
noord van Harare, gesê Grace Mugabe het slapelose nagte gehad terwyl sy
vir haar doktorsgraad studeer het, terwyl president Mugabe dit nagesien
het.
Haar uitlatings het opnuut ʼn herrie veroorsaak oor die doktorsgraad
wat deur die Universiteit van Zimbabwe aan Grace toegeken is, glo twee
maande nadat sy daarvoor begin studeer het. Talle Zimbabwiërs glo dat
die graad op ʼn bedrieglike wyse aan Grace, ʼn voormalige tikster,
toegeken is om steun te verleen aan haar nuwe politieke loopbaan.
Die 49-jarige Grace gaan oorneem as hoof van die Zanu-PF se vroueliga
en het al te kenne gegee dat sy ambisie het om president te word.
Dit is nou eenmaal so, as jy iets verniet gekry het (of in hierdie
geval, iemand anders se geld gebruik het om vir die set up te betaal-
lees: JOU belastinggeldjie), dan worry jy nie eintlik as dit ten gronde
gaan nie
ps. En hoekom sal jy die rubbish optel op jou erf/ rondom jou huis....
Video - Nkandla style-onthou jy nog?
This is despite the fact that Zuma supporters have repeatedly argued
that the R246-million upgrade to the president's rural compound was
vital to keep him safe.
Less than two years after it was erected,
the R6.2-million high-security perimeter fence around the homestead is
in a disgraceful state.
The Sunday Times visited Nkandla this
week and found parts of the fence entirely broken and other sections
patched in makeshift fashion with logs and other objects.
Zuma's
palatial 8.9ha private residence is surrounded by two rings of 3m-high
fence - an internal fence that cost R8.2-million and the outer perimeter
fence, which is collapsing.
Die
Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) voer aan dat daar weens ʼn redigeerfout
verkeerdelik aangedui is dat Nico Bezuidenhout, waarnemende hoof van
SAL, ʼn graad het, berig die Sunday Times.
SAL het die week erken dat sy 2011 en 2012 jaarverslae verkeerd was
aangesien daarin beweer is dat Bezuidenhout ʼn BCom-graad in
vervoerekonomie en bedryfsielkunde sowel as ʼn MBA het. SAL, wat glo
namens Bezuidenhout gepraat het, het Vrydag ʼn CV aan die koerant verskaf
waarin daar beweer word dat Bezuidenhout in 1995 by die destydse Randse
Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg)
ingeskryf het vir ʼn BCom, ʼn jaar nadat hy matriek voltooi het.
Volgens Bezuidenhout se akademiese rekord het hy in 1996 opgeskop. Hy
het in 1997 by Unisa ingeskryf vir ʼn BCom in vervoerekonomie en
bedryfsielkunde. Volgens Bezuidenhout se CV is een van die vakke al vir
14 jaar uitstaande. Bezuidenhout het glo hierna vir ʼn MBA geregistreer
by Milpark Education maar nooit die vereiste proefskrif ingehandig nie.
SAL het Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Mango, verlede jaar gevra
om die lugredery se bedrywighede oor te neem nadat Vuyisile Kona, die
toe waarnemende uitvoerende hoof, as voorsorgmaatreël geskors is.
SAL het destyds gesê dat Bezuidenhout geen geheim daarvan gemaak het
dat hy nie sy graad in vervoerekonomie en bedryfsielkunde voltooi het
nie en dat hy besluit het om te begin werk. Volgens SAL was daar ʼn
redigeringsfout in sy 2011 en 2012 jaarverslae en is dit om die rede dat
daar verkeerdelik aangedui is dat Bezuidenhout sy graad voltooi het.
Bezuidenhout is vroeër die maand weer as waarnemende hoof van SAL aangestel.
Omheinig domein Zuma valt uit elkaar na amper 2 jaar!!!
Nkandla
Die
multi-miljoenrandse hoë-veiligheid grensheining by president Jacob Zuma
se private Nkandla-woning is besig om uitmekaar te val, minder as twee
jaar nadat dit opgerig is, berig die Sunday Times.
Volgens die koerant het verslaggewers Nkandla besoek en gesien dat
dele van die heining heeltemal gebreek is terwyl ander dele gelap is met
stukke hout en ander voorwerpe.
Zuma se 8,9ha woning in KwaZulu-Natal is omring deur twee 3m-hoë
heinings. Die binnenste heining het sowat R8,2 miljoen gekos. Die
buitenste heining is besig om uitmekaar te val.
Volgens die Sunday Times is daar ook skade aan die heining naby Zuma
se hoofwoning. Die heining naby een van die waghuise is glo omgestamp
terwyl die gedeelte van die heining naby die rondawels heeltemal omgeval
het en deur stompe regop gehou word. Volgens die berig is daar ook ʼn
gat in die heining rondom die veiligheidskompleks.
Die kontrak vir die oprigting van die heining is toegeken aan die
Durbanse sakevrou Thandeka Nene, wat se maatskappy werk van nagenoeg R98
miljoen gekry het vir die Nkandla-projek. Die kontrak vir die heining
is egter later gekanselleer en aan Betafence Projects toegeken.
Operasies wat nie dringend is nie, is glo vandeesweek by die Chris
Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg gekanselleer as gevolg van ʼn
tekort aan narkose.
Jack Bloom, die DA in Gauteng se woordvoerder van gesondheid, het
Vrydag in ʼn verklaring gesê daar is ʼn nypende tekort aan narkose in die
provinsie.
Ander hospitale in die provinsie ervaar soorgelyke tekorte, maar die
departement erken nie dat daar ʼn dreigende krisis is nie, het Bloom
gesê.
Hy het gesê dit is die nasionale departement se skuld omdat
farmaseutiese tenders laat toegeken word en die kontrakte van sekere
gekodeerde medisyne verwyder is.
Prince Hamnca, woordvoerder van die departement, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Verlede Vrydag het n brokkie uiters belangrike nuus in ons nuusruim,
onder die radarhoogte, inbeweeg. As u dus nou vir die eerste keer
hiervan hoor, is dit nie u onoplettendheid nie dit het gewoon nie die
nuusdekking gekry wat dit verdien het nie.
Vrydag is die jarelange hofstryd afgesluit waarin die Mail &
Guardian n grondwetlike en wetlike bepaling probeer afdwing het om
insae te kry in die sogenaamde Khampepe-verslag. Die Mail & Guardian
wou amptelike bevestiging kry dat die Zimbabwiese verkiesing van 2002
nie vry en regverdig was nie, en dat die Suid-Afrikaanse regering
daarvan geweet het, maar nogtans standpunt ingeneem het dat Mugabe die
verkiesing regverdig gewen het.
Drie opeenvolgende presidente, Thabo Mbeki (wat die kommissie
aangestel het), Kgaleme Motlanthe en Jacob Zuma, het egter alles in die
stryd gewerp om te keer dat die bevindinge bekend gemaak word. Vrydag
het die grondwetlike hof die verset die doodskoot gegee, en die Mail
& Guardian (wat reeds op straat was) kon die bevindinge op die
internet plaas.
Die bevindinge was dat regters Sisi Khampepe en Dikgang Moseneke, wat
deur Mbeki na Zimbabwe gestuur is om die verkiesing te monitor en
verslag te doen, inderdaad bevind het dat die geweldpleging en ander
manipulasie voor die verkiesing, en onder andere beheer oor die toegang
tot die openbare media, so erg was dat die verkiesing nie vry en
regverdig was nie.
En hoe het ons eie openbare uitsaaier op verlede Vrydag se nuus
gereageer? ʼn Soektog deur RSG se argiewe dui daarop dat RSG laas op 5
September, toe die uitspraak nog in die appèlhof voorbehou is, oor die
verrigtinge verslag gedoen het. Dis waarskynlik eerder n nuusglips as
n handeling om die ANC ter wille te wees, maar dit is steeds
verontrustend. Dieselfde geld waarskynlik Netwerk 24 wie se argief ook
aandui dat geen nuusdekking hieraan verleen is nie. Dis geen
veroordeling nie, bloot n waarneming.
Media 24, in die vorm van News 24, het wel Donderdag die nuus gedra
toe die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, woedend gereageer
het.
Maar wat is die betekenis hiervan?
Die kort weergawe is dat die ANC bereid is om die land se kiesers
blatant te mislei ter wille van n despoot soos Mugabe, en bereid was om
dié misleiding tot in die hoogste hof te voltrek. Dit werp n baie
donker skadu oor die ANC se verbintenis dat verkiesings ook hier vry en
regverdig moet wees. Dit sluit in n verbintenis tot ʼn onverbondenheid
van die openbare uitsaaier, en met genoeg maatreëls in plek om n
andersins vrye media te verseker. Daar lyk dinge ook nie te waffers nie,
met Suid-Afrika wat lank nie die mees vrye pers op die kontinent het
nie soos die land op hierdie indeks die kreeftegang gegaan het.
Die onthulling oor hoe drie agtereenvolgende presidente verbete die
waarheid van die Suid-Afrikaanse kiesers weerhou het, val saam met die
sweer wat in die parlement oopgebars het.
Die vingers word lustig oor en weer gewys, maar die feit is dat die
manier waarop die ANC oor n lang tyd n beergreep op die parlement
begin uitoefen het om dit in n rubberstempel vir Luthuli-huis te maak,
het ook reeds in die howe, en die grondwetlike hof gaan draai. Die ANC
het selfs die mees basiese tradisie van parlementêre demokrasie om ʼn
mosie van wantroue in die president te kan stel, probeer nek omdraai.
En, so lyk dit, dis juis hierdie demokratiese praktyk se toepassing wat
nou die ooreenkoms tussen partye om orde in die parlement te herstel,
nek omgedraai het.
Dat die DA in die openbare mening nie met skoon hande daarvan afkom
nie, moet minstens ten dele voor die deur van die DA gelê word as na die
DA se media-aksie op sy webwerf gekyk word. Dit lyk of die DA sy kant
deur uittreksels van toesprake deur ampsdraers probeer stel. n Bietjie
basiese kennis van kommunikasie deur politieke partye wêreldwyd toon dat
dit nie werk nie, en ook reeds regerings tot n val laat kom het.
Toe Margaret Thatcher en haar Tories aan bewind gekom het, het hulle
dit juis grootliks vermag deur professioneel te kommunikeer. Die
Arbeiders het geklou aan die LP-tradisie dat die parlementslede self
meester-kommunikators is, en dat die professionele
kommunikasiekundiges maar wyd moes hou. Maar n groot bek hou eenvoudig
nie teen professionele kommunikasiekundiges nie. En nou nog minder met
politici wie se beeld by kiesers wêreldwyd aan skerwe lê. Pres. Barack
Obama van die VSA wat as spreker internasionaal hoog aangeslaan word,
was voor die Amerikaanse midtermyn-verkiesing so ongewild dat van sy eie
party se kandidate wal gegooi het dat hy as spreker by hul
verkiesingsgeleenthede moet kom optree.
In Suid-Afrika is die posisie nog komplekser. Die afgelope aantal
jare het die gemeenskaps- en sosiale media baie gegroei. Hierdie media
beskik selde oor vertalers, en nuusverklarings wat slegs in Engels
voorsien word, beland dikwels weens n gebrek aan kapasiteit om dit in
ander tale te vertaal in die snippermandjie. Om n toespraak, of n deel
van ʼn toespraak, te verwerk en te vertaal maak dit nog moeiliker.
Boonop het die nuusgebeure in die parlement mekaar so vinnig opgevolg
dat dit moeilik was om by te hou.
Ook ander politieke partye gaan nou nie juis uit hul pad om die
kiesers op die hoogte van sake te hou nie. Die indruk word geskep dat
die partye onderling dit nie almal eens is oor ander se optrede nie, en
self ook onseker is oor die beste manier oor hoe om die krisis aan te
spreek.
Hierteenoor span die ANC waarskynlik sy mees geloofwaardige lid in om die vlag te dra adjunk-president Cyril Ramaphosa.
Die bekendmaking van die Khampepe-verslag neutraliseer egter al die
voordeel wat die ANC in die koppestamp kon verwerf. Of dit behoort dit
te neutraliseer.
Hoewel Mugabe se bewind einde se kant toe staan, lyk dit in hierdie
stadium of reeds aan hoofstuk twee geskryf word met sy jong vrou Grace
(en eertydse sekretaresse) wat nou vinnig die nodige skuiwe maak om
haar man op te volg. En te oordeel aan haar spandeervermoë, uitsprake en
omstredenhede, lyk dit of sy eerder n nog groter ramp vir Zimbabwe
gaan wees as Mugabe self.
Te danke aan n toesmeeraksie van 2002 af.
Die MDC het juis tot stand gekom toe daar n breekspul tussen die
regerende Zanu-PF en sy vakbond-vennoot was. Trouens, Cosatu het lank sy
sentimentele bande met die MDC behou, maar uiteindelik onder druk van
die ANC die MDC die rug toegekeer. Nou het die ANC sy eie moeilikheid
met Cosatu, hoewel dit baie anders manifesteer. Dit wil byvoorbeeld lyk
of die kanse dat n meer gematigde politieke party of magsblok uit
Cosatu of sy afvallige filiale kan voortspruit, ongeveer so goed is as
dat Suid-Afrika teen Kersfees n basis op Mars sal kan inrig.
Aan die ander kant toon die manier waarop die Khampepe-verslag
hanteer is tot welke mate die ANC bereid is om sy talle muishondvriende
oor die wêreld te beskerm, al is dit tot die uiterste nadeel van die
land.
Adj.pres. Cyril Ramaphosa
en die speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete, gister in
hul bank nadat Ramaphosa moes bontstaan om opposisie-LPs se vrae te
antwoord terwyl Mbete die vrede probeer vewaar het.
Foto: Nasief Manie
Humor uit die parlement
Die ANC het gisteraand sy taktiek om die DA se
mosie van sensuur teen pres. Jacob Zuma te vertraag uit die einste DA se
arsenaal van toertjies gehaal.
Soos met verlede Donderdag se sitting, toe die
DA die debat oor die ad hoc-komitee oor Nkandla se verslag vertraag het, het die
ANC kennisgewings van mosies gebring.
Die DA het dit egter verwelkom en lustig
meegedoen, met sy hoofsweep, John Steenhuisen, wat gesê het nabootsing is die
grootste kompliment en sy party het baie energiedrankies.
Die ANC het dit grootliks gebruik om die
DA-beheerde Wes-Kaap aan te val, terwyl die DA gereeld na Nkandla verwys
het.
Hier is van die snaakser mosies wat gebring is:
■ Haniff Hoosen, DA-LP, het gevra dat die raad die verdwyning
van pres. Jacob Zuma debatteer, asook n beloning aanbied vir wie hom ook al
vind;
■ n NFP-LP het voorgestel dat die huis n debat voer daaroor
om tradisionele genesers te vra om te kyk of LPs nie getoor is en of hulle nog
weet hoekom hulle in die parlement moet wees;
■ Stella Ndabeni-Abrahams, adjunkminister van kommunikasie:
Dat die huis n debat hou oor die vlak van verkwiste besteding van
belastingbetalersgeld vir die salarisse van die DA wat net hier is om beswaar te
maak.;
■ Die DA-LP Greg Krumbock het voorgestel dat die raad die
goeie waterverskaffing van Durban debatteer, want die water het Schabir Schaik
se volle herstel moontlik gemaak.;
■ Van die DA-LPs het ook op Twitter vir voorstelle vir mosies
gevra. Hulle het egter nie die een gebring dat die raad debatteer hoe
vertragingstaktiek joernaliste se tyd mors nie.
Jan Gerber
Waar is die president? Waar is Jacob Zuma, Waar is Nommer Een? en Waar is
jou buurman?
Dié vrae het gister in n warm vraesessie uit
die DA-banke in die Nasionale Vergadering (NV) opgeklink. Opposisiepartye is
ontevrede dat Zuma nie voor die einde van die jaar, soos parlementêre reëls
vereis, vrae in die NV sal beantwoord nie.
Dit was gister ANC-LPs se beurt om die vertragingstaktiek filibustering te gebruik om te keer dat n debat oor n DA-mosie van
sensuur teen Zuma voortgaan. Die DA wou Zuma sensureer omdat hy nie in die huis
verskyn om vrae te beantwoord nie.
Die vertragingstegniek bestaan uit eindelose mosies oor
voorgestelde onderwerpe vir debat in die huis.
Dit is dieselfde tegniek wat die DA verlede week gebruik het om n
stem oor die Nkandla-verslag te vertraag.
Dit het uiteindelik gelei tot die dramatiese voorval waarin n
EFF-LP deur lede van die polisie se openbare-orde-eenheid uit die NV verwyder
is.
John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het gisteraand gesê die party het
baie Red Bull en is reg vir die ANC. Die DA het toe geesdriftig aan die
vertraging van hul eie mosie deelgeneem.
Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, het na bewering vir David
Maynier, DA-LP, die middelvinger gewys toe hy n mosie ingedien het.
Steenhuisen het toe beswaar gemaak en gesê Sisulu flipped a
Floyd, n verwysing na die voorval toe die EFF-LP Floyd Shivambu in September
vir Ramaphosa die middelvinger gewys het. Sisulu het dit ontken.
Vroeër in die sitting wou Molapi Andries Plouhamma, Agang-LP,
by adj.pres. Cyril Ramaphosa weet hoe hy as leier van regeringsake gaan verseker
dat die uitvoerende gesag hul beskikbaarheid prioritiseer om vrae in die NV te
beantwoord.
Ramaphosa het die uitvoerende gesag verdedig en gesê hy ervaar n
groot mate van toewyding van ministers om vrae te beantwoord.
Behalwe van Nommer Een, het Anchen Dreyer, DA-LP, laat
hoor.
Op Sibongile Nkomo, IVP-LP, se vraag oor wat hy as gepaste
strafmaatreëls teen ministers beskou wat nie vrae beantwoord nie, het Ramaphosa
gesê hy was onder die indruk dat die vergadering met opposisiepartye Dinsdag
aandag aan die probleme in die NV gegee het.
Ek was onder die indruk dit was n ernstige poging n poging wat
deur baie mense geloof is wat nie in die huis sit nie, maar ook mense wat in die
huis sit. Hulle het gevoel dat n ongelooflike geleentheid vir n slag vir die
huis oopgegaan het om sy statuur en stand onder die mense te herwin as n huis
wat gerespekteer kan word wat die wette van die land maak.
In n verklaring wat ná die begin van die debat uitgereik is, het
Ramaphosa gesê: Dit is betreurenswaardig dat die DA in hierdie kritieke oomblik
in die lewe van ons parlement besluit het om die nasionale belang ondergeskik te
maak aan hulle eie, beperkte politieke belange.
Ramaphosa het hom tot Baleka Mbete, speaker, gewend en gesê dit hy
probeer die vrae beantwoord, maar dat die uitvoerende gesag die geleentheid moet
hê om dit in die regte klimaat te doen.
Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, het gesê die
geloofwaardigheid van die parlement kan nie herstel word voordat Zuma mondelinge
vrae beantwoord nie.
Inbellyn: LPs sien rooi oor JZ-grap
Dink jy uitbarstings in die parlement is skadelik vir ons demokrasie?
Emosies
was gisteroggend al gaande geloop en harde woorde het in die parlement
geval nadat n DA-LP n grap oor pres. Jacob Zuma gemaak het.
Die
departement van staatsdiens en administrasie, asook die
Staatsdienskommissie en die departement van beplanning, monitering en
evaluering, het in die portefeuljekomitee oor staatsdiens en
administrasie verslag gedoen oor inbellyne, ook die presidensiële
inbellyn. Terwyl die voorleggings aan die gang was, het Andricus van der
Westhuizen, DA-LP, het n oproep na die presidensiële inbellyn gemaak
en LPs na die musiek op die lyn laat luister terwyl hy glo sewe minute
lank moes aanhou.
Die president se stem antwoord wanneer n mens
bel. Dit is seker die naaste wat ons die president aan die parlement
gaan kry, het hy spottenderwys gesê.
Almal het egter nie gelag
nie. Mervyn Dirks, ANC-LP, het rooi gesien en skerp gemaan dat dit nie
n grap is nie. Hulle wil die kwessie van die president elke keer skelm
inbring.
Madala Ntombela, ook n ANC-LP, het op n verskoning
aangedring. Waar ek nou sit, is ek nog in beheer van my emosies ondanks
al die uitlatings oor Luthuli-huis. Dié dinge maak ons siek en as ons
ons humeur verloor, sal die vergadering moet verdaag . . . en ons wil
nie hê dit moet gebeur nie.
Dirks het ná Van der Westhuizen se
verskoning emosioneel verder gestoom. Indien minderheidspartye
speletjies wil speel, is dit reg ons kan ook. Ons het nog nooit die
feit dat hulle ons in tronke gegooi het, ons kamerade vermoor het, in
húl gesig gegooi nie.
Van die wit moordenaars loop steeds
hier in Suid-Afrika, sommige sit selfs hier in die parlement. Ons het
dit nog nooit in hul gesigte gegooi nie, maar as hulle so voortgaan, kan
ons dit doen. En ons sal vra dat die wit misdadigers vervolg word. Van
hulle sit steeds in hul poste en dan wil hulle so optree . . . ek sal
dit nie toelaat nie.