In Zuma se argument dat Jan van Riebeeck se mense koloniseerders en gronddiewe is, verswyg hy doelbewus die volgende vyf feite:
■ Die Khoi-San was eerste hier
Lank
voor Jacob Zuma, Julius Malema of my eie voorgeslagte hier aan die
suidpunt van Afrika aangekom het, het halfnomadiese Khoi en nomadiese
San reeds die land deurkruis. My voorgeslagte het vanuit Europa in die
omgewing van Kaapstad die land binnegekom, terwyl Malema en Zuma se
voorgeslagte vanuit sentraal-Afrika suidwaarts getrek het. Dit is dus
onvanpas vir Zuma of Malema om my voorgeslagte as kolonialiste te
beskou sonder om hulself in dieselfde kategorie te plaas.
■ Slegs 30% van die grond was sonder tegnologie permanent bewoonbaar
In
E.L. Pringle se navorsingsverslag getiteld An Assessment of the 1913
Native Land Act word uitgewys dat, in die afwesigheid van tegnologie
om grondwater te benut, slegs 30% van Suid-Afrika se grondgebied vir
permanente vestiging deur mense geskik was. Voor die koms van tegnologie
uit Europa om grondwater te onttrek sou 70% van Suid-Afrika se
grondgebied dus nie permanent bewoon kon word nie. Daar kan dus geen
sprake wees dat die hele land bewoon was toe my voorouers hier aangeland
het nie.
■ Die Mfecane het voor die koms van die Voortrekkers groot dele van die binneland onbewoon gelaat
Gedurende
die vroeë 1820s het Mzilikazi, een van die Zoeloekoning Shaka se
generaals, weggebreek en saam met sy volgelinge n skrikbewind, bekend
as die Mfecane, teen ander stamme in die binneland van Suid-Afrika
gevoer. Die stamme wat die binneland bewoon het, het voor Mzilikazi se
aanslag gevlug. Groot dele van hierdie gebiede is in die proses
grootliks onbewoon gelaat. Met die aankoms van die Voortrekkers in
hierdie grootliks onbewoonde gebiede kon daar dus geen sprake daarvan
wees dat hulle mense op groot skaal van hul grond verdryf het nie. Die
Voortrekkers het na my mening die stamme wat onder Mzilikazi deurgeloop
het n guns bewys toe die Trekkers onder leiding van Andries Potgieter
en Piet Uys vir Mzilikazi en sy volgelinge verslaan en oor die
Limpoporivier verdryf het. Die Voortrekkers het die gebied wat deur
Mzilikazi beheer is, in besit geneem soos die gebruik destyds ná n
konflik was. Eers daarna het van die vlugtende stamme na die gebied
begin terugkeer en is aan hulle in spesifieke gebiede grond gegee.
■ Die Voortrekkers het grond met wettige ooreenkomste bekom
Een
van die voorbeelde van hoe die Voortrekkers grond met wettige
ooreenkomste bekom het, is die ooreenkoms wat in 1846 met die
Swazikoning aangegaan is. Die gebied tussen die Olifants- en
Krokodilrivier is in ruil vir beeste aan die Trekkers gegee. In 1855 is
n soortgelyke ooreenkoms vir die Lydenburg-distrik aangegaan. In
dieselfde jaar het die Swazikoning ook die gebied langs die
Pongolarivier geskenk om by die Voortrekkers se nuwe republiek gevoeg te
word. Die Swazikoning se doel was om hiermee n buffersone teen
aanvalle deur die Zoeloes te skep. Daar is ook ander voorbeelde van
ooreenkomste, wat die mite die nek inslaan dat die Voortrekkers bloot op
groot skaal grond gesteel het.