Zuid-Afrikaanse Universiteiten weren blanken en Afrikaanstaligen
Die Universiteit van Stellenbosch beskik reeds oor meer swart
studente as die Engelstalige Universiteit van Kaapstad, met 50% teenoor
44%. Ook is die universiteit besig met n aggressiewe
verengelsingsprogram om sy aanbod van Engelse lesings en kursusse tot
75% van die totaal op te stoot.
In 2011, toe ons met tolkdienste begin het, is 65% van alle modules
nog in Afrikaans aangebied en 45% in Engels, maar sedertdien is die
Engelse modules tot 58% verhoog. Ons beoog om dit (Engelstalige lesings)
tot 75% van alle modules in albei tale op te stoot, sê professor
Arnold Schoonwinkel, die viserektor: leer en onderrig van dié
universiteit.
Maties
luister na n verwelkomingstoespraak wat vir hulle na Engels getolk
word. Binnekort sal tolkdienste nie meer nodig wees nie, want die
universiteit sal Engels en swart wees.
Stellenbosch volg die voorskrifte van die minister van hoër onderwys
en sekretaris-generaal van die SA Kommunisteparty, Blade Nzimande, top
op die letter na. Hy het onlangs kritiek uitgespreek dat sowel
Stellenbosch as Pochefstroom nie vinnig genoeg transformeer nie en
geëis dat n plan ingestel word om die kampusse so gou moontlik te
verengels en te verswart, iets wat Stellenbosch nou met mening begin
toepas.
Mijn opinie:
Eerder deze week verscheen in de media het verhaal van een blanke studentin die uit de Universiteit gezet werd omdat de administratie haar verkeerdelijk als zwart had aanzien. Huidskleur speelt anno 2015 in Zuid-Afrika een belangrijke rol bij studies, functies en benoemingen. Zuid-Afrika is daardoor één van de meest racistische landen van de wereld. Maar omdat het nu gaat over zwart racisme is er geen haan die erom kraait.