President Robert Mugabe is deur die African Council for Distance Education as die skolier van die eeu aangewys.
Die Zimbabwe Broadcasting Corporation (ZBC) berig
dat dr. Olivia Muchena, minister van hoër en tersiêre onderwys, tydens
die geleentheid gesê het dat Mugabe ʼn fantastiese skolier is en dat geen
leier al só prestasie behaal het nie.
Muchena het gesê as n vooraanstaande afstandsonderrigstudent is
Mugabe n spesialis in politieke ekonomie en maatskaplike
ingenieurswese.
Dit kom kort na berigte dat Mugabe sy vrou, Grace, se doktoraat
nagesien het. Oppah Muchinguri, uittredende hoof van die
Zanu-PF-vroueliga, het vroeër die week tydens ʼn saamtrek in Mazowe,
noord van Harare, gesê Grace Mugabe het slapelose nagte gehad terwyl sy
vir haar doktorsgraad studeer het, terwyl president Mugabe dit nagesien
het.
Haar uitlatings het opnuut ʼn herrie veroorsaak oor die doktorsgraad
wat deur die Universiteit van Zimbabwe aan Grace toegeken is, glo twee
maande nadat sy daarvoor begin studeer het. Talle Zimbabwiërs glo dat
die graad op ʼn bedrieglike wyse aan Grace, ʼn voormalige tikster,
toegeken is om steun te verleen aan haar nuwe politieke loopbaan.
Die 49-jarige Grace gaan oorneem as hoof van die Zanu-PF se vroueliga
en het al te kenne gegee dat sy ambisie het om president te word.
Dit is nou eenmaal so, as jy iets verniet gekry het (of in hierdie
geval, iemand anders se geld gebruik het om vir die set up te betaal-
lees: JOU belastinggeldjie), dan worry jy nie eintlik as dit ten gronde
gaan nie
ps. En hoekom sal jy die rubbish optel op jou erf/ rondom jou huis....
Video - Nkandla style-onthou jy nog?
This is despite the fact that Zuma supporters have repeatedly argued
that the R246-million upgrade to the president's rural compound was
vital to keep him safe.
Less than two years after it was erected,
the R6.2-million high-security perimeter fence around the homestead is
in a disgraceful state.
The Sunday Times visited Nkandla this
week and found parts of the fence entirely broken and other sections
patched in makeshift fashion with logs and other objects.
Zuma's
palatial 8.9ha private residence is surrounded by two rings of 3m-high
fence - an internal fence that cost R8.2-million and the outer perimeter
fence, which is collapsing.
Die
Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) voer aan dat daar weens ʼn redigeerfout
verkeerdelik aangedui is dat Nico Bezuidenhout, waarnemende hoof van
SAL, ʼn graad het, berig die Sunday Times.
SAL het die week erken dat sy 2011 en 2012 jaarverslae verkeerd was
aangesien daarin beweer is dat Bezuidenhout ʼn BCom-graad in
vervoerekonomie en bedryfsielkunde sowel as ʼn MBA het. SAL, wat glo
namens Bezuidenhout gepraat het, het Vrydag ʼn CV aan die koerant verskaf
waarin daar beweer word dat Bezuidenhout in 1995 by die destydse Randse
Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg)
ingeskryf het vir ʼn BCom, ʼn jaar nadat hy matriek voltooi het.
Volgens Bezuidenhout se akademiese rekord het hy in 1996 opgeskop. Hy
het in 1997 by Unisa ingeskryf vir ʼn BCom in vervoerekonomie en
bedryfsielkunde. Volgens Bezuidenhout se CV is een van die vakke al vir
14 jaar uitstaande. Bezuidenhout het glo hierna vir ʼn MBA geregistreer
by Milpark Education maar nooit die vereiste proefskrif ingehandig nie.
SAL het Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Mango, verlede jaar gevra
om die lugredery se bedrywighede oor te neem nadat Vuyisile Kona, die
toe waarnemende uitvoerende hoof, as voorsorgmaatreël geskors is.
SAL het destyds gesê dat Bezuidenhout geen geheim daarvan gemaak het
dat hy nie sy graad in vervoerekonomie en bedryfsielkunde voltooi het
nie en dat hy besluit het om te begin werk. Volgens SAL was daar ʼn
redigeringsfout in sy 2011 en 2012 jaarverslae en is dit om die rede dat
daar verkeerdelik aangedui is dat Bezuidenhout sy graad voltooi het.
Bezuidenhout is vroeër die maand weer as waarnemende hoof van SAL aangestel.
Omheinig domein Zuma valt uit elkaar na amper 2 jaar!!!
Nkandla
Die
multi-miljoenrandse hoë-veiligheid grensheining by president Jacob Zuma
se private Nkandla-woning is besig om uitmekaar te val, minder as twee
jaar nadat dit opgerig is, berig die Sunday Times.
Volgens die koerant het verslaggewers Nkandla besoek en gesien dat
dele van die heining heeltemal gebreek is terwyl ander dele gelap is met
stukke hout en ander voorwerpe.
Zuma se 8,9ha woning in KwaZulu-Natal is omring deur twee 3m-hoë
heinings. Die binnenste heining het sowat R8,2 miljoen gekos. Die
buitenste heining is besig om uitmekaar te val.
Volgens die Sunday Times is daar ook skade aan die heining naby Zuma
se hoofwoning. Die heining naby een van die waghuise is glo omgestamp
terwyl die gedeelte van die heining naby die rondawels heeltemal omgeval
het en deur stompe regop gehou word. Volgens die berig is daar ook ʼn
gat in die heining rondom die veiligheidskompleks.
Die kontrak vir die oprigting van die heining is toegeken aan die
Durbanse sakevrou Thandeka Nene, wat se maatskappy werk van nagenoeg R98
miljoen gekry het vir die Nkandla-projek. Die kontrak vir die heining
is egter later gekanselleer en aan Betafence Projects toegeken.
Operasies wat nie dringend is nie, is glo vandeesweek by die Chris
Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg gekanselleer as gevolg van ʼn
tekort aan narkose.
Jack Bloom, die DA in Gauteng se woordvoerder van gesondheid, het
Vrydag in ʼn verklaring gesê daar is ʼn nypende tekort aan narkose in die
provinsie.
Ander hospitale in die provinsie ervaar soorgelyke tekorte, maar die
departement erken nie dat daar ʼn dreigende krisis is nie, het Bloom
gesê.
Hy het gesê dit is die nasionale departement se skuld omdat
farmaseutiese tenders laat toegeken word en die kontrakte van sekere
gekodeerde medisyne verwyder is.
Prince Hamnca, woordvoerder van die departement, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Verlede Vrydag het n brokkie uiters belangrike nuus in ons nuusruim,
onder die radarhoogte, inbeweeg. As u dus nou vir die eerste keer
hiervan hoor, is dit nie u onoplettendheid nie dit het gewoon nie die
nuusdekking gekry wat dit verdien het nie.
Vrydag is die jarelange hofstryd afgesluit waarin die Mail &
Guardian n grondwetlike en wetlike bepaling probeer afdwing het om
insae te kry in die sogenaamde Khampepe-verslag. Die Mail & Guardian
wou amptelike bevestiging kry dat die Zimbabwiese verkiesing van 2002
nie vry en regverdig was nie, en dat die Suid-Afrikaanse regering
daarvan geweet het, maar nogtans standpunt ingeneem het dat Mugabe die
verkiesing regverdig gewen het.
Drie opeenvolgende presidente, Thabo Mbeki (wat die kommissie
aangestel het), Kgaleme Motlanthe en Jacob Zuma, het egter alles in die
stryd gewerp om te keer dat die bevindinge bekend gemaak word. Vrydag
het die grondwetlike hof die verset die doodskoot gegee, en die Mail
& Guardian (wat reeds op straat was) kon die bevindinge op die
internet plaas.
Die bevindinge was dat regters Sisi Khampepe en Dikgang Moseneke, wat
deur Mbeki na Zimbabwe gestuur is om die verkiesing te monitor en
verslag te doen, inderdaad bevind het dat die geweldpleging en ander
manipulasie voor die verkiesing, en onder andere beheer oor die toegang
tot die openbare media, so erg was dat die verkiesing nie vry en
regverdig was nie.
En hoe het ons eie openbare uitsaaier op verlede Vrydag se nuus
gereageer? ʼn Soektog deur RSG se argiewe dui daarop dat RSG laas op 5
September, toe die uitspraak nog in die appèlhof voorbehou is, oor die
verrigtinge verslag gedoen het. Dis waarskynlik eerder n nuusglips as
n handeling om die ANC ter wille te wees, maar dit is steeds
verontrustend. Dieselfde geld waarskynlik Netwerk 24 wie se argief ook
aandui dat geen nuusdekking hieraan verleen is nie. Dis geen
veroordeling nie, bloot n waarneming.
Media 24, in die vorm van News 24, het wel Donderdag die nuus gedra
toe die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, woedend gereageer
het.
Maar wat is die betekenis hiervan?
Die kort weergawe is dat die ANC bereid is om die land se kiesers
blatant te mislei ter wille van n despoot soos Mugabe, en bereid was om
dié misleiding tot in die hoogste hof te voltrek. Dit werp n baie
donker skadu oor die ANC se verbintenis dat verkiesings ook hier vry en
regverdig moet wees. Dit sluit in n verbintenis tot ʼn onverbondenheid
van die openbare uitsaaier, en met genoeg maatreëls in plek om n
andersins vrye media te verseker. Daar lyk dinge ook nie te waffers nie,
met Suid-Afrika wat lank nie die mees vrye pers op die kontinent het
nie soos die land op hierdie indeks die kreeftegang gegaan het.
Die onthulling oor hoe drie agtereenvolgende presidente verbete die
waarheid van die Suid-Afrikaanse kiesers weerhou het, val saam met die
sweer wat in die parlement oopgebars het.
Die vingers word lustig oor en weer gewys, maar die feit is dat die
manier waarop die ANC oor n lang tyd n beergreep op die parlement
begin uitoefen het om dit in n rubberstempel vir Luthuli-huis te maak,
het ook reeds in die howe, en die grondwetlike hof gaan draai. Die ANC
het selfs die mees basiese tradisie van parlementêre demokrasie om ʼn
mosie van wantroue in die president te kan stel, probeer nek omdraai.
En, so lyk dit, dis juis hierdie demokratiese praktyk se toepassing wat
nou die ooreenkoms tussen partye om orde in die parlement te herstel,
nek omgedraai het.
Dat die DA in die openbare mening nie met skoon hande daarvan afkom
nie, moet minstens ten dele voor die deur van die DA gelê word as na die
DA se media-aksie op sy webwerf gekyk word. Dit lyk of die DA sy kant
deur uittreksels van toesprake deur ampsdraers probeer stel. n Bietjie
basiese kennis van kommunikasie deur politieke partye wêreldwyd toon dat
dit nie werk nie, en ook reeds regerings tot n val laat kom het.
Toe Margaret Thatcher en haar Tories aan bewind gekom het, het hulle
dit juis grootliks vermag deur professioneel te kommunikeer. Die
Arbeiders het geklou aan die LP-tradisie dat die parlementslede self
meester-kommunikators is, en dat die professionele
kommunikasiekundiges maar wyd moes hou. Maar n groot bek hou eenvoudig
nie teen professionele kommunikasiekundiges nie. En nou nog minder met
politici wie se beeld by kiesers wêreldwyd aan skerwe lê. Pres. Barack
Obama van die VSA wat as spreker internasionaal hoog aangeslaan word,
was voor die Amerikaanse midtermyn-verkiesing so ongewild dat van sy eie
party se kandidate wal gegooi het dat hy as spreker by hul
verkiesingsgeleenthede moet kom optree.
In Suid-Afrika is die posisie nog komplekser. Die afgelope aantal
jare het die gemeenskaps- en sosiale media baie gegroei. Hierdie media
beskik selde oor vertalers, en nuusverklarings wat slegs in Engels
voorsien word, beland dikwels weens n gebrek aan kapasiteit om dit in
ander tale te vertaal in die snippermandjie. Om n toespraak, of n deel
van ʼn toespraak, te verwerk en te vertaal maak dit nog moeiliker.
Boonop het die nuusgebeure in die parlement mekaar so vinnig opgevolg
dat dit moeilik was om by te hou.
Ook ander politieke partye gaan nou nie juis uit hul pad om die
kiesers op die hoogte van sake te hou nie. Die indruk word geskep dat
die partye onderling dit nie almal eens is oor ander se optrede nie, en
self ook onseker is oor die beste manier oor hoe om die krisis aan te
spreek.
Hierteenoor span die ANC waarskynlik sy mees geloofwaardige lid in om die vlag te dra adjunk-president Cyril Ramaphosa.
Die bekendmaking van die Khampepe-verslag neutraliseer egter al die
voordeel wat die ANC in die koppestamp kon verwerf. Of dit behoort dit
te neutraliseer.
Hoewel Mugabe se bewind einde se kant toe staan, lyk dit in hierdie
stadium of reeds aan hoofstuk twee geskryf word met sy jong vrou Grace
(en eertydse sekretaresse) wat nou vinnig die nodige skuiwe maak om
haar man op te volg. En te oordeel aan haar spandeervermoë, uitsprake en
omstredenhede, lyk dit of sy eerder n nog groter ramp vir Zimbabwe
gaan wees as Mugabe self.
Te danke aan n toesmeeraksie van 2002 af.
Die MDC het juis tot stand gekom toe daar n breekspul tussen die
regerende Zanu-PF en sy vakbond-vennoot was. Trouens, Cosatu het lank sy
sentimentele bande met die MDC behou, maar uiteindelik onder druk van
die ANC die MDC die rug toegekeer. Nou het die ANC sy eie moeilikheid
met Cosatu, hoewel dit baie anders manifesteer. Dit wil byvoorbeeld lyk
of die kanse dat n meer gematigde politieke party of magsblok uit
Cosatu of sy afvallige filiale kan voortspruit, ongeveer so goed is as
dat Suid-Afrika teen Kersfees n basis op Mars sal kan inrig.
Aan die ander kant toon die manier waarop die Khampepe-verslag
hanteer is tot welke mate die ANC bereid is om sy talle muishondvriende
oor die wêreld te beskerm, al is dit tot die uiterste nadeel van die
land.
Adj.pres. Cyril Ramaphosa
en die speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete, gister in
hul bank nadat Ramaphosa moes bontstaan om opposisie-LPs se vrae te
antwoord terwyl Mbete die vrede probeer vewaar het.
Foto: Nasief Manie
Humor uit die parlement
Die ANC het gisteraand sy taktiek om die DA se
mosie van sensuur teen pres. Jacob Zuma te vertraag uit die einste DA se
arsenaal van toertjies gehaal.
Soos met verlede Donderdag se sitting, toe die
DA die debat oor die ad hoc-komitee oor Nkandla se verslag vertraag het, het die
ANC kennisgewings van mosies gebring.
Die DA het dit egter verwelkom en lustig
meegedoen, met sy hoofsweep, John Steenhuisen, wat gesê het nabootsing is die
grootste kompliment en sy party het baie energiedrankies.
Die ANC het dit grootliks gebruik om die
DA-beheerde Wes-Kaap aan te val, terwyl die DA gereeld na Nkandla verwys
het.
Hier is van die snaakser mosies wat gebring is:
■ Haniff Hoosen, DA-LP, het gevra dat die raad die verdwyning
van pres. Jacob Zuma debatteer, asook n beloning aanbied vir wie hom ook al
vind;
■ n NFP-LP het voorgestel dat die huis n debat voer daaroor
om tradisionele genesers te vra om te kyk of LPs nie getoor is en of hulle nog
weet hoekom hulle in die parlement moet wees;
■ Stella Ndabeni-Abrahams, adjunkminister van kommunikasie:
Dat die huis n debat hou oor die vlak van verkwiste besteding van
belastingbetalersgeld vir die salarisse van die DA wat net hier is om beswaar te
maak.;
■ Die DA-LP Greg Krumbock het voorgestel dat die raad die
goeie waterverskaffing van Durban debatteer, want die water het Schabir Schaik
se volle herstel moontlik gemaak.;
■ Van die DA-LPs het ook op Twitter vir voorstelle vir mosies
gevra. Hulle het egter nie die een gebring dat die raad debatteer hoe
vertragingstaktiek joernaliste se tyd mors nie.
Jan Gerber
Waar is die president? Waar is Jacob Zuma, Waar is Nommer Een? en Waar is
jou buurman?
Dié vrae het gister in n warm vraesessie uit
die DA-banke in die Nasionale Vergadering (NV) opgeklink. Opposisiepartye is
ontevrede dat Zuma nie voor die einde van die jaar, soos parlementêre reëls
vereis, vrae in die NV sal beantwoord nie.
Dit was gister ANC-LPs se beurt om die vertragingstaktiek filibustering te gebruik om te keer dat n debat oor n DA-mosie van
sensuur teen Zuma voortgaan. Die DA wou Zuma sensureer omdat hy nie in die huis
verskyn om vrae te beantwoord nie.
Die vertragingstegniek bestaan uit eindelose mosies oor
voorgestelde onderwerpe vir debat in die huis.
Dit is dieselfde tegniek wat die DA verlede week gebruik het om n
stem oor die Nkandla-verslag te vertraag.
Dit het uiteindelik gelei tot die dramatiese voorval waarin n
EFF-LP deur lede van die polisie se openbare-orde-eenheid uit die NV verwyder
is.
John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het gisteraand gesê die party het
baie Red Bull en is reg vir die ANC. Die DA het toe geesdriftig aan die
vertraging van hul eie mosie deelgeneem.
Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, het na bewering vir David
Maynier, DA-LP, die middelvinger gewys toe hy n mosie ingedien het.
Steenhuisen het toe beswaar gemaak en gesê Sisulu flipped a
Floyd, n verwysing na die voorval toe die EFF-LP Floyd Shivambu in September
vir Ramaphosa die middelvinger gewys het. Sisulu het dit ontken.
Vroeër in die sitting wou Molapi Andries Plouhamma, Agang-LP,
by adj.pres. Cyril Ramaphosa weet hoe hy as leier van regeringsake gaan verseker
dat die uitvoerende gesag hul beskikbaarheid prioritiseer om vrae in die NV te
beantwoord.
Ramaphosa het die uitvoerende gesag verdedig en gesê hy ervaar n
groot mate van toewyding van ministers om vrae te beantwoord.
Behalwe van Nommer Een, het Anchen Dreyer, DA-LP, laat
hoor.
Op Sibongile Nkomo, IVP-LP, se vraag oor wat hy as gepaste
strafmaatreëls teen ministers beskou wat nie vrae beantwoord nie, het Ramaphosa
gesê hy was onder die indruk dat die vergadering met opposisiepartye Dinsdag
aandag aan die probleme in die NV gegee het.
Ek was onder die indruk dit was n ernstige poging n poging wat
deur baie mense geloof is wat nie in die huis sit nie, maar ook mense wat in die
huis sit. Hulle het gevoel dat n ongelooflike geleentheid vir n slag vir die
huis oopgegaan het om sy statuur en stand onder die mense te herwin as n huis
wat gerespekteer kan word wat die wette van die land maak.
In n verklaring wat ná die begin van die debat uitgereik is, het
Ramaphosa gesê: Dit is betreurenswaardig dat die DA in hierdie kritieke oomblik
in die lewe van ons parlement besluit het om die nasionale belang ondergeskik te
maak aan hulle eie, beperkte politieke belange.
Ramaphosa het hom tot Baleka Mbete, speaker, gewend en gesê dit hy
probeer die vrae beantwoord, maar dat die uitvoerende gesag die geleentheid moet
hê om dit in die regte klimaat te doen.
Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, het gesê die
geloofwaardigheid van die parlement kan nie herstel word voordat Zuma mondelinge
vrae beantwoord nie.
Inbellyn: LPs sien rooi oor JZ-grap
Dink jy uitbarstings in die parlement is skadelik vir ons demokrasie?
Emosies
was gisteroggend al gaande geloop en harde woorde het in die parlement
geval nadat n DA-LP n grap oor pres. Jacob Zuma gemaak het.
Die
departement van staatsdiens en administrasie, asook die
Staatsdienskommissie en die departement van beplanning, monitering en
evaluering, het in die portefeuljekomitee oor staatsdiens en
administrasie verslag gedoen oor inbellyne, ook die presidensiële
inbellyn. Terwyl die voorleggings aan die gang was, het Andricus van der
Westhuizen, DA-LP, het n oproep na die presidensiële inbellyn gemaak
en LPs na die musiek op die lyn laat luister terwyl hy glo sewe minute
lank moes aanhou.
Die president se stem antwoord wanneer n mens
bel. Dit is seker die naaste wat ons die president aan die parlement
gaan kry, het hy spottenderwys gesê.
Almal het egter nie gelag
nie. Mervyn Dirks, ANC-LP, het rooi gesien en skerp gemaan dat dit nie
n grap is nie. Hulle wil die kwessie van die president elke keer skelm
inbring.
Madala Ntombela, ook n ANC-LP, het op n verskoning
aangedring. Waar ek nou sit, is ek nog in beheer van my emosies ondanks
al die uitlatings oor Luthuli-huis. Dié dinge maak ons siek en as ons
ons humeur verloor, sal die vergadering moet verdaag . . . en ons wil
nie hê dit moet gebeur nie.
Dirks het ná Van der Westhuizen se
verskoning emosioneel verder gestoom. Indien minderheidspartye
speletjies wil speel, is dit reg ons kan ook. Ons het nog nooit die
feit dat hulle ons in tronke gegooi het, ons kamerade vermoor het, in
húl gesig gegooi nie.
Van die wit moordenaars loop steeds
hier in Suid-Afrika, sommige sit selfs hier in die parlement. Ons het
dit nog nooit in hul gesigte gegooi nie, maar as hulle so voortgaan, kan
ons dit doen. En ons sal vra dat die wit misdadigers vervolg word. Van
hulle sit steeds in hul poste en dan wil hulle so optree . . . ek sal
dit nie toelaat nie.
De eenzijdige nadruk op ras in het
universiteitsdebat over transformatie beschadigt het universiteitswezen in het
algemeen en studenten in het bijzonder. Dit standpunt werd verkondigd bij de mensenrechtencommissie
over transformatie en racisme bij universiteiten door Flip Buys , voorzitter
van de Solidariteit Beweging.
Buys heeft gezegd dat de
Solidariteit Beweging elke vorm van racisme verwerpt , en zich zorgen maakt
over de groeiende opvatting dat racisme alleen een " witte " en
vooral Afrikanerprobleem is . Volgens hem halen vermeende rasincidenten waarbij
blanke en Afrikaanstalige studenten betrokken zijn meteen de voorpagina's en
stelt de minister voor het hoger onderwijs daartegen een onderzoekscommissies in.
Daartegenover miskennen de autoriteiten en de media het anti - Afrikaner -
racisme dat steeds vaker bij universiteiten voorkomt . Buys heeft Langenhoven
gevraagd, waarom elke politiek van de Afrikaners steeds als racisme wordt
bestempeld, terwijl andere politieke groepen juist een racistische politiek
voeren.
vertegenwoordiging
Buys zei dat terwijl er bij de Afrikaners terecht voortdurend over racisme in eigen gelederen gedebatteerd wordt en aan zelfonderzoek wordt gedaan, er geen sprake is van een debat in regeringskringen over de groeiende rol die ras in overheidsbeleid bij universiteiten spelen. De realiteit is dat begrippen als "correctie " en " mensenrechten " in de praktijk steeds meer misbruikt worden om onrecht en de miskenning van de mensenrechten te proberen vergoelijken. Hier heeft Buys verwezen naar gevallen waarin valse beschuldigingen van blank racisme misbruikt wordt om Afrikaanstaligen hun grondwettelijk recht op onderwijs in de moedertaal in de naam van transformatie te ontzeggen.
" Het is noodzakelijk dat meer zwarte academici opgeleid en ontwikkeld worden . Tegelijkertijd is het niet een oplossing om in naam van de correctie een rem op blanke academici te plaatsen en rasvereisten op te leggen. Daarnaast is het oneerlijk om inclusiviteit tot ' representativiteit te beperken , omdat dit onder meer tot het einde van het Afrikaans als volwaardige academische taal zal leiden . Alle universiteiten samen moeten representatief zijn voor de bevolking zijn , en niet elke campus, omdat een dergelijk beleid ' gelijkenis ' onder auspiciën van ' diversiteit ' zal betekenen , " heeft Buys gezegd.
Mijn opinie:
De Zuid-Afrikaanse
overheid hanteert meer dan 20 jaar na de vrije verkiezingen raseigenschappen en
taal als element bij promotie in het onderwijs. Men maakt gebruikt van
eufemismen om dit nieuwe zwarte racisme te verdoezelen
Afrikaans en Afrikanen
Volgens Buys worden de rasgemotiveerde pogingen om universiteiten te transformeren soms niet herkend of opgemerkt, omdat mensen alleen naar de taal kijken . De meeste campusbesturen willen echter niet minder Afrikaans op campussen horen, ze willen minder (blanke) Afrikanen op de campussen zien. Het doel van de rastransformatie is dat het Afrikaans als academische taal zal verdwijnen. Dit beleid heeft ook tot doel dat het studentenleven bij historisch Afrikaanstalige universiteiten moet worden afgeschaft omdat het een uiting van Afrikanercultuur is, hetgeen als anti - Afrikaner - racisme kan worden bestempeld." Deelname aan het studentenleven is essentieel voor de algemene vorming van studenten en is een onmisbaar onderdeel van de universiteitservaring die studenten niet ontzegd mag worden. "
Buys standpunt is dat het grootste probleem bij universiteiten niet het Afrikaans of blank racisme is , maar de struggle-cultuur (gevechtscultuur), die bij bepaalde campussen studenten, studies en levenskansen schaadt . Hij waarschuwt dat de voortdurende aanvallen op blanke studenten op campussen de grootte van een heksenjacht aanneemt en dat dit alleen tot verdere polarisatie kan leiden.
Lechesa
Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, het LPs Woensdag
weer gewaarsku om hul van handgebare te weerhou nadat Lindiwe Sisulu,
minister van huisvesting, glo vir ʼn DA-LP die middelvinger gewys het.
David Maynier, DA-LP, het ʼn mosie ingedien waarna talle ANC-LPs
handgebare gemaak het. John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het beswaar
aangeteken en gesê Sisulu flipped a Floyd. Dit was n verwysing na ʼn
voorval in September toe Floyd Shivambu, EFF-LP, vir adjunkpresident
Cyril Ramaphosa die middelvinger gewys het.
Dit is onparlementêr. Sy moet dit terugtrek, het Steenhuisen gesê.
Sisulu het erken dat sy die middelvinger gewys het. Ek het gesien hulle
[LPs van die opposisiepartye] gebruik die middelvinger. Ek volg hulle
net na, het Sisulu gesê.
Volgens Tsenoli het hy nie gesien dat Sisulu die middelvinger gebruik
het nie. Hy het LPs wel gewaarsku om hulle van handgebare te weerhou.
KAAPSTAD Dit is
bevestig dat President Jacob Zuma strafregtelik ondersoek word weens
korrupsie wat verband hou met die Nkandla-skandaal.
Nathi Nhleko, het in die vorige week
skriftelik in die parlement bevestig dat die polisie besig is met die
ondersoek teen Zuma nadat die DA klagte van korrupsie ingedien het. Dit
is die tweede keer dat die staatshoof die onderwerp is van n
strafregtelike ondersoek na korrupsie. In 2005 is Zuma daarvan aangekla
dat hy omkoopgeld van Schabir Shaik en die Franse wapenmaatskappy Thales
ontvang het. Dit was nadat Shaik skuldig bevind is aan dié klagte.
In 2009 is die klagte teen Zuma
teruggetrek nadat die sogenaamde spioenasiebande ondersoek was. Nou word
Zuma ondersoek of hy betrokke was by die opknappings van R246 miljoen
aan sy private huishouding by Nkandla. Adv. Thuli Madonsela, openbare
beskermer, en die spesiale ondersoekeenheid het bevind dat Zuma en sy
familie voordeel geniet by dié opknappings.
Madonsela wil hê Zuma moet n deel van
die geld terugbetaal. Hoewel Zuma tot dusver nog nie direk aan korrupsie
met die Nkandla-skandaal gekoppel kan word nie, weier die president om
te sê hoe hy en sy familie vir die drie woonhuise in die
Nkandla-kompleks, wat deur dieselfde bouer as die res van die
ontwikkeling gebou is, betaal het.
Moneymine is vir meer as R50 miljoen op
die Nkandla-projek vergoed. Die maatskappy word besit deur die
Mfeka-egpaar, Pamela en Michael. Michael Mfeka en Gcaba het in 2012 saam
getender om n polisiekantoor te bou. Nhleko, minister van polisie, het
in antwoord op n parlementêre vraag van Mmusi Maimane, parlementêre
leier van die DA, bevestig dat die polisie die korrupsieklagte ondersoek
wat Maimane in Maart by die Nkandla-polisiekantoor teen Zuma ingedien
het.
Julius Malema, EFF-leier, is een van die
ander wat n klag teen Zuma ingedien het nadat die openbare beskermer
se verslag sy opwagting gemaak het. Die DA het die hooggeregshof in
Pretoria verlede week genader om die Shaik-korrupsie-aanklagte teen
die president weer in te stel. Volgens die DA se James Selfe het die
spioenasiebande bewys dat die redes om die aanklagte teen Zuma in 2009
te laat vaar inderdaad irrasioneel.
SUID-AFRIKA
Kragonderbrekings, beurtkrag en onsekerheid oor waar Suid-Afrika se
krag vandaan gaan kom in die toekoms, het die land se ekonomie sedert
2008 nagenoeg R3 miljard gekos.
Só het die ekonoom Dawie Roodt gister
gesê die Suid-Afrikaanse ekonomie kon nou 10% groter gewees het as in
2008 as daar vertroue in die land se kragnetwerk was. Dit kon 1 miljoen
werkgeleenthede die afgelope ses jaar geskep het.
Lance Greyling, die DA se woordvoerder
oor energie, het Vrydag gesê Suid-Afrika se kragnetwerk moet so gou
moontlik van Eskom ontneem en in die hande van n onafhanklike en
betroubare entiteit geplaas word. Die ideologie binne die ANC dat hy
die monopolie op Suid-Afrika se kragnetwerk moet behou, is besig om die
land se ekonomie ernstig op sy knieë te dwing.
Chris Yelland, elektriese ingenieur en
besturende direkteur van EE Publishers, het gister gesê die Wetsontwerp
op Onafhanklike Stelsels en Markoperateurs (ISMOB) wat dit vir
onafhanklike kragprodusente moontlik sal maak om elektrisiteit aan
Suid-Afrika se kragnetwerk te verskaf en te verkoop, is al vier jaar
gelede deur die departement van energie voorberei, maar is nou iewers in
n kabinet versteek.
Volgens Yelland is onafhanklike
kragprodusente hoofsaaklik in die son- en windkragsektor besig om
infrastruktuur op te rig vir die opwekking van 18 000 MW. Hulle moet nou
net die geleentheid gegun word om dit aan Eskom te verkoop. Eskom wil
nog nie op groot skaal krag van onafhanklike kragprodusente koop nie,
omdat dit sy monopolie gaan verbreek, wat hy ook nie wil toelaat nie.
Greyling het gesê die ANC is diep
verdeeld oor die kragnetwerk. Hy meen mense wat sonpanele op hul dak het
en n oorskot krag opwek, behoort ook hul krag aan Eskom te kan
verkoop. Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het gesê Medupi sal
in 2019 volstoom aan die werk wees en 4 764 MW opwek. Kusile behoort 18
maande later op dreef te wees en sal 4 800 MW opwek.
Eskom se sonplaas by Upington sal 100 MW
opwek. Bouwerk aan dié sonpanele begin eersdaags. Eskom se
Sere-windplaas in die gebied van die Matzikama- plaaslike owerheid in
die Wes-Kaap word tans gebou. Sewe van die 49 windturbines is reeds
opgerig. Altesaam 100 MW sal ook by dié windplaas opgewek word. Die
windplaas sal einde aanstaande jaar in volle produksie wees.