Inhoud blog
  • Zuid-Afrika op weg naar communisme!
  • Burgeroorlog dreigt in Zuid-Afrika...
  • Afrikaans in de scholen onder druk...
  • Zimbabwe geeft eigendom boeren aan Chinezen...
  • Zuid-Afrikaanse Universiteiten weren blanken en Afrikaanstaligen
    Zoeken in blog

    Beoordeel dit blog
      Zeer goed
      Goed
      Voldoende
      Nog wat bijwerken
      Nog veel werk aan
     
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    AFRIKANERS AGAINST BLACK RACISM
    For a democratic and tolerant South Africa
    26-02-2015
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Burgeroorlog dreigt in Zuid-Afrika...

    Burgeroorloog as SA nie saamstaan nie, sê Helen Zille

    Deur Marietie Louw Carstens Sondag 22 Februarie 2015 15:54

    Die moontlikheid van ’n burgeroorlog dreig as almal in die land nie saamstaan vir ’n beter toekoms nie.

    “Daardie dag is nie baie vêr nie. Ons moet veg vir ons toekoms in Suid-Afrika.”

    Só het Helen Zille, leier van die DA, Saterdag op die party se kongres in Polokwane gewaarsku.

    Sy het gesê as die misbruik van mag voortduur, soos die polisie wat in die parlement ingestuur is, is dit die einde van die land se demokrasie.

    Sy het gesê pres. Jacob Zuma bestry nie korrupsie soos hy sê hy doen nie. “Hy beveg diegene wat wél korrupsie bestry en dis al oor-en-oor bewys.”

    Verskeie instellings, soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag ly hieronder. Hooggeplaastes soos Ivan Pillay van die SAID en lt.genl. Anwa Dramat van die Valke is daarom hul poste kwyt.

    Zille het ook gewaarsku dat Telkom, wat alleenreg het om breëband-internet in die land te installeer, dieselfde pad as Eskom, Sanral en die Suid-Afrikaanse Lugdiens gaan loop.

    “Korrupsie binne die ANC kan nie bestry word nie, want hul lede trek voordeel daaruit. Volg die geldspoor en jy sal die ANC kry. As ons toelaat dat korrupsie voortduur sal Suid-Afrika een van die armste lande ter wêreld word.”

    Sy het gesê die EFF stuur af op ’n skouspelagtige ineenstorting. “Hulle verskeur mekaar. ’n Mens weet nie aldag of hul oorpakke rooi van kleur is of rooi van bloed nie.”

    ) Zille het ook die ANC skerp gekritiseer omdat hulle Vrydag met die opening van die Wes-Kaapse wetgewer presies dieselfde gedoen het as waarvoor hulle die EFF in die parlement veroordeel het.

    ANC-lede het Zille se toespraak as premier ure lank ontwrig.

    Sy het gesê die Wes-Kaapse ANC-leier Marius Fransman “en sy boewe (thugs) se poging was ’n goedkoop namaaksel van die EFF.”

    “Al dink die ANC hulle het Vrydag gewen, is hul reeds swak beeld net verder verswak.”

    26-02-2015 om 08:05 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)


    Archief per week
  • 02/03-08/03 2015
  • 23/02-01/03 2015
  • 09/02-15/02 2015
  • 02/02-08/02 2015
  • 26/01-01/02 2015
  • 19/01-25/01 2015
  • 12/01-18/01 2015
  • 15/12-21/12 2014
  • 01/12-07/12 2014
  • 24/11-30/11 2014
  • 17/11-23/11 2014
  • 10/11-16/11 2014
  • 03/11-09/11 2014
  • 27/10-02/11 2014
  • 20/10-26/10 2014
  • 13/10-19/10 2014
  • 06/10-12/10 2014

    E-mail mij

    Druk op onderstaande knop om mij te e-mailen.


    Gastenboek

    Druk op onderstaande knop om een berichtje achter te laten in mijn gastenboek


    Blog als favoriet !

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto


    Blog tegen de wet? Klik hier.
    Gratis blog op https://www.bloggen.be - Meer blogs