Inhoud blog
  • Zuid-Afrika op weg naar communisme!
  • Burgeroorlog dreigt in Zuid-Afrika...
  • Afrikaans in de scholen onder druk...
  • Zimbabwe geeft eigendom boeren aan Chinezen...
  • Zuid-Afrikaanse Universiteiten weren blanken en Afrikaanstaligen
    Zoeken in blog

    Beoordeel dit blog
      Zeer goed
      Goed
      Voldoende
      Nog wat bijwerken
      Nog veel werk aan
     
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    AFRIKANERS AGAINST BLACK RACISM
    For a democratic and tolerant South Africa
    09-10-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Vrouw krijgt job niet omdat ze blank is...

    09-10-2014 om 13:20 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Boeren moeten hun eigendommen op grote schaal beschermen

    AfriForum sê Wes-Kaapse boere moet plase “op groot skaal” verdedig

    BRON: AFRIFORUM

    deur op 07 Oktober, 2014

    AfriForum doen ʼn beroep op Wes-Kaapse boere om hulself en hul eiendom te beskerm teen die Ehrenreich/Cosatu-bedreiging. Dít, nadat Tony Ehrenreich, Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, vanoggend gesê het dat plase in dié provinsie “op groot skaal beset sal word” en dat ʼn sogenaamde “oorlog om geregtigheid” op pad is indien boere nie ophou om werkers van plase af te sit nie.

    “Ehrenreich hits spanning tussen werkers en boere aan, hy moedig geweld op plase aan in ʼn tyd waar plaasaanvalle ʼn skokwerklikheid in die land is en veroorsaak verdere konflik oor grond. Cosatu se onverantwoordelike uitsprake polariseer gemeenskappe in landelike gebiede en sal verdere afleggings veroorsaak,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

    Cameron sê boere moet by veiligheidsnetwerke inskakel om te voorkom dat hul plase beset word, omdat die regering nie die politieke wil het om boere óf hul plase te beskerm nie.

     “Sonder boere sal ons ’n land van hongersnood wees. Selfs mnr. Ehrenreich word deur boere, wat hy nou as vyande uitmaak, gevoed,” het Cameron afgesluit.

    09-10-2014 om 13:04 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Apartheidsleiders waren naïef...

    Apartheid-leiers was naïef, sê Giliomee


    Herman Giliomee

    Herman Giliomee

    Een van die grootste swakhede van die onderhandelingsproses tussen die destydse NP-regering en die ANC was dat die NP oor geen mense beskik het wat grondige kennis oor die tegnieke van onderhandeling gehad het nie.

    Só het prof. Hermann Giliomee, gerespekteerde historikus, gister [Dinsdag] by ’n byeenkoms van AfriForum in Pretoria gesê. Giliomee het op uitnodiging gepraat oor die foute wat tydens die vroeë jare negentig tydens die onderhandelingsproses gemaak is.

    Hy het op die naïwiteit van leiers gewys wat tydens die onderhandelingsproses toegelaat het dat dit in ’n morele debat ontaard het wat hulle uiteindelik nie kon wen nie. “Die NP het geen gesaghebbendes gehad wat kennis gehad het van hervorming, grondwetlike kwessies of onderhandelings nie.

    “Die NP het geen strategie gehad nie. Hulle het gedink hulle is besig om ’n tweedehandse motor te verkoop en het geglo die grondwet sal foute besleg en hulle ’n hefboom in die regering gee. Hulle het nooit besef dat die ANC nooit ’n plan gehad het om hulle as ’n volle vennoot te sien nie.

    “Die fout was dat hulle toegelaat het dat dit later ’n debat oor moraliteit geword het en nie oor werklik aansprake en verantwoordelikhede nie.”

    Volgens hom het die NP misluk in die onderhandelings en seine uitgestuur dat “ons net wil skik en nie veg of baklei nie”. Die NP het voorts die illusie gehad dat die ANC anders is as ander bevrydingsorganisasies in Afrika wat ook tot groot ontnugtering gelei het, meen Giliomee. “Die NP het ook nooit na ander maniere van magsdeling gekyk nie,” het hy gesê.

    Hy het ook na die goeie en swak punte van die Afrikanerleiers, dr. Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha en FW de Klerk verwys soos vervat in sy boek, Die Laaste Afrikanerleiers.

    Giliomee het ook vrae oor die toekoms van Afrikaners beantwoord en gesê hulle het ’n nuwe ideologie nodig waarin hulle weer hul eie mense kan mobiliseer, geloof in hulself kan terugkry en krag uit hul verlede kan put. Hierdie ideologie moet die eie behou en beskerm, aangesien die grondwet dit beslis nie bied nie.

    Die volledige artikel sal in die Desember-uitgawe van Forum, AfriForum se tydskrif, verskyn.

    09-10-2014 om 13:00 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)


    Archief per week
  • 02/03-08/03 2015
  • 23/02-01/03 2015
  • 09/02-15/02 2015
  • 02/02-08/02 2015
  • 26/01-01/02 2015
  • 19/01-25/01 2015
  • 12/01-18/01 2015
  • 15/12-21/12 2014
  • 01/12-07/12 2014
  • 24/11-30/11 2014
  • 17/11-23/11 2014
  • 10/11-16/11 2014
  • 03/11-09/11 2014
  • 27/10-02/11 2014
  • 20/10-26/10 2014
  • 13/10-19/10 2014
  • 06/10-12/10 2014

    E-mail mij

    Druk op onderstaande knop om mij te e-mailen.


    Gastenboek

    Druk op onderstaande knop om een berichtje achter te laten in mijn gastenboek


    Blog als favoriet !

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto


    Blog tegen de wet? Klik hier.
    Gratis blog op https://www.bloggen.be - Meer blogs