Ons
is bewus van die feit dat die media soms net die storie vertel wat
hulle pas. Daarom het ons besluit om Curro te nader om hulle storie in
verband met die beweerde rassisme by hulle skool in
Roodeplaat met
ons te deel. Na my mening het jou taal en/of jou keuse van taal vir
onderrig niks met rassisme uit te waai nie en ons wil graag Curro
ondersteun om Afrikaans in hulle skole te kan hou.
Curro se bemarkingsbestuurder het vir ons die volgende gestuur:
Geagte Leeser
Curro het kennis geneem van die kommer wat u na die onlangse
mediaberigte oor n beweerde voorval van rassesegregasie by ons skool in
Roodeplaat uitgespreek het. Ons gebruik graag hierdie geleentheid om
Curro se standpunt in hierdie verband uiteen te sit.
Klaskamersamestelling by Curro-skole:
By Curro-skole word leerders tot en met graad 9 in afsonderlike
Afrikaanse en Engelse klasse onderrig. Vanaf graad 10 tot 12 geld n
dubbelmedium-onderrigbeleid. In sommige skole het ons n hoë persentasie
wit leerders per klas tot in graad 9, maar dit is slegs as gevolg van
die behoefte om sommige leerders in Afrikaans en ander in Engels te
onderrig.
Ons fokus hier is op aggregasie, eerder as segregasie.
Indien u kind se moedertaal Afrikaans is, sal ons u kind tot aan die
einde van hulle graad 9-jaar in Afrikaans onderrig; indien dit Engels is
(of indien u wil hê dat u kind in Engels eerder as in Afrikaans
onderrig moet word), geld dieselfde beginsel.
Curro verdra of
ondersteun nie enige vorm van rassesegregasie in sy skole nie. Ons
filosofie was nog altyd en sal steeds bly om toeganklike onderwys aan
alle Suid-Afrikaanse leerders uit alle agtergronde te verskaf.
Ons streef daarna om n waardestelsel te kweek wat kindvriendelikheid,
positiewe dissipline, n Christelike etos en waardes, en kreatiewe denke
bevorder.
Ons vertrou dit verklaar die breër konteks. Sover dit
die insident by Curro Roodeplaat aangaan, beklemtoon ons graag dat daar
op geen stadium n uitsluitlik wit graad R-klas by Curro Roodeplaat was
nie.
Die pad vorentoe:
Planne is in plek om spesifieke
bekommernisse te hanteer wat by Curro Roodeplaat geopper is. Een
ouerverteenwoordiger per klas, soos verkies deur en uit die ouerliggaam,
sal in die toekoms by leerders se klastoewysing betrokke wees.
n Versoek om onderrig in n swart addisionele taal, in plaas van
Engels/Afrikaans, word ook ondersoek. Dit is n groter uitdaging, veral
in Gauteng, waar ons moet verseker dat die gekose taal die behoeftes
weerspieël van die gemeenskap wat deur die skool bedien word. Ons sal u
op hoogte hou van ons vordering ten opsigte van hierdie versoek.
Ons is buitegewoon ernstig oor ons verbintenis tot die toekoms van ons
leerders, en wil hulle blootstelling aan enige onbillike praktyke
beperk. Indien ouers in die toekoms enige bekommernisse oor enige vorm
van beweerde diskriminerende praktyke by enige van ons skole het, kan
hulle n e-pos direk aan die Curro Holdings-hoofkantoor stuur. n
Toegewyde e-posadres sal vir hierdie doel beskikbaar gestel word. Meer
inligting oor die spesifieke kontakbesonderhede sal binne die volgende
week verskaf word.
Ons herhaal dat, soos alle ouers en voogde
vroeër hierdie week ingelig is, in ooreenstemming met ons missie om
gehalte-onderrig aan u kinders te verskaf, sal Curro nie enige vorm van
diskriminasie verdra of ondersteun nie.
Dankie vir u ondersteuning.