(Gordon) "KILL THE BOER" word gesing, ons soek jou plaas word gesê
Julius Malema en die Economic Freedom Fighters (EFF) wil nie jou huis, jou kar of jou klere hê nie net jou plaas.
Só het Malema, leier van die EFF, gister die party se benadering tot
sosialisme beskryf op die EFF se eerste nasionale verkiesingskonferensie
hier.
Die sosialistiese projek
wat ons nastreef, beteken nie dat mense almal dieselfde klere gaan dra
nie, dat hulle dieselfde gaan loop nie en op presies dieselfde wyse
dinge in opdrag van n magtige staat wat nie menseregte respekteer nie,
gaan doen nie.
Hy het bevestig dat mense wel toegelaat sal word
om private eiendom soos motors, TV-stelle en klere onder n EFF-regering
te besit.
Malema het gesê sosialisme raak nié ontslae van die private besit van eiendom nie solank dié besit nie uitbuitend is nie.
Sosialisme gaan slegs oor die beëindiging van die private besit van
produksiemiddele, soos myne, groot plase en monopolistiese nywerhede,
het Malema gesê.
Malema het wel gesê alle grondbesit sal na die staat oorgeplaas word om gelyk herverdeel te word.
Luidens die party se beleidsdokumente sal mense toegelaat word om
aansoek te doen om n 99-jaar-huurpagooreenkoms vir hul huise.
Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter
Die land is baie trots op Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss nadat sy
Sondag in Londen as Mej. Wêreld gekroon is, het pres. Jacob Zuma gesê.
Ons is baie trots dat een van ons eie hierdie gesogte titel kon
insamel ná maandelange harde werk en toewyding, het hy in ʼn verklaring
gesê. Me. Strauss het die vermoë van Suid-Afrikaners bewys om op
wêreldverhoë te kan skitter. Ons is vol vertroue dat sy die
Suid-Afrikaanse vlag selfs nog hoër sal laat wapper terwyl sy haar nuwe
verantwoordelikhede vervul. Namens alle Suid-Afrikaners wens ons haar
hartlik geluk en alles van die beste vir hierdie nuwe rol.
Dié mediese student van die Vrystaat het eerste prinses mej. Hongarye
Edina Kulcsar en tweede prinses Mej. Amerika Elizabeth Safrit uitgestof
om die kroon te dra.
Die laaste keer wat ʼn Suid-Afrikaner die titel kon wen was in 1974 toe Anneline Kriel as Mej. Wêreld aangewys is.
Anthony Benadie, leier van die Demokratiese Alliansie in Mpumalanga
het Rolene, oorspronklik van Volksrust in Mpumalanga, in ʼn verklaring
gelukgewens.
Intussen stroom gelukwense in op sosiale media.
Jonathan Jansen, rektor en vise-kansellier van die Universiteit van
die Vrystaat het op Twitter geskryf: Hou op met huil! So ongelooflik
trots op my student. Die Universiteit van die Vrystaat vier vanaand
fees! Baie geluk Rolene. You lift us up [moontlik met verwysing na die
lied van Josh Groban, You lift me up, wat die deelnemers tydens die
kompetisie vir die voorsitter van die Mej. Wêreld-organisasie, Julia
Morley, gesing het].
Die universiteit het ook op sy Facebook geskryf: Mej. Wêreld is ʼn
Kovsie! Baie geluk aan Rolene Strauss dat jy die wêreld oorwin het. Ons
is baie trots.