Inhoud blog
  • Zuid-Afrika op weg naar communisme!
  • Burgeroorlog dreigt in Zuid-Afrika...
  • Afrikaans in de scholen onder druk...
  • Zimbabwe geeft eigendom boeren aan Chinezen...
  • Zuid-Afrikaanse Universiteiten weren blanken en Afrikaanstaligen
    Zoeken in blog

    Beoordeel dit blog
      Zeer goed
      Goed
      Voldoende
      Nog wat bijwerken
      Nog veel werk aan
     
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    Foto
    AFRIKANERS AGAINST BLACK RACISM
    For a democratic and tolerant South Africa
    15-12-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Blanke Zuid-Afrikaanse Miss World!

    Gelukwense stroom in vir Rolene Strauss

    Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter

    Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter

    Die land is baie trots op Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss nadat sy Sondag in Londen as Mej. Wêreld gekroon is, het pres. Jacob Zuma gesê.

    “Ons is baie trots dat een van ons eie hierdie gesogte titel kon insamel ná maandelange harde werk en toewyding,” het hy in ʼn verklaring gesê. “Me. Strauss het die vermoë van Suid-Afrikaners bewys om op wêreldverhoë te kan skitter. Ons is vol vertroue dat sy die Suid-Afrikaanse vlag selfs nog hoër sal laat wapper terwyl sy haar nuwe verantwoordelikhede vervul. Namens alle Suid-Afrikaners wens ons haar hartlik geluk en alles van die beste vir hierdie nuwe rol.”

    Dié mediese student van die Vrystaat het eerste prinses mej. Hongarye Edina Kulcsar en tweede prinses Mej. Amerika Elizabeth Safrit uitgestof om die kroon te dra.

    Die laaste keer wat ʼn Suid-Afrikaner die titel kon wen was in 1974 toe Anneline Kriel as Mej. Wêreld aangewys is.

    Anthony Benadie, leier van die Demokratiese Alliansie in Mpumalanga het Rolene, oorspronklik van Volksrust in Mpumalanga, in ʼn verklaring gelukgewens.

    Intussen stroom gelukwense in op sosiale media.

    Jonathan Jansen, rektor en vise-kansellier van die Universiteit van die Vrystaat het op Twitter geskryf: “Hou op met huil! So ongelooflik trots op my student. Die Universiteit van die Vrystaat vier vanaand fees! Baie geluk Rolene. You lift us up [moontlik met verwysing na die lied van Josh Groban, You lift me up, wat die deelnemers tydens die kompetisie vir die voorsitter van die Mej. Wêreld-organisasie, Julia Morley, gesing het].”

    Die universiteit het ook op sy Facebook geskryf: “Mej. Wêreld is ʼn Kovsie! Baie geluk aan Rolene Strauss dat jy die wêreld oorwin het. Ons is baie trots.”

    15-12-2014 om 08:51 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    06-12-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Rassenproblematiek in Zuid-Afrika

    Nuuskommentaar: Suid-Afrikaner eerste, of Afrikaner eerste?


    hands-296x300Eintlik, so blyk dit uit die jongste bevindinge van die versoeningsbarometer, sou die vraag moet lui: “Is ek eerstens ’n Suid-Afrikaner, of is ek eerstens wit/swart/bruin?”

    Die jongste barometer is gister deur die Instituut vir Geregtigheid en Versoening bekend gemaak. Burgers se strewe na ’n verenigde nasionale identiteit het sedert 2003 van 72,9% tot 55% afgeneem. “South Africans are disillusioned with the idea of a united nation,” skryf Business Tech in sy beriggewing hieroor. (Die instituut se volledige verslag kan hier afgelaai word.)

    Die Instituut wys daarop dat meer mense nou hulle volgens ras as belangrike “merker” van identiteit meet as voorheen.

    Die redes hoef nie ver gesoek te word nie, beginnende by die nasionale uitsaaier wat in die Afrikaanse TV-nuus om 19:00 breedvoerig uit die verslag aangehaal het, maar in die opperste vorm van nuusmanipulasie hierdie deel van die verslag soos ‘n stopstraat geïgnoreer het. En ’n ou waarheid van strategiese kommunikasie is as mense begin agterkom iemand probeer met hulle koppe smokkel, sal hulle hul daarteen verset.

    Tot RSG se krediet is in die nuus om 16:00 genoem dat die Instituut bevind het Suid-Afrikaners is ontnugter met die reënboognasie.
    Maroela het telkemale daarop gewys dat die regering se rasbenepenheid en eintlik obsessie met ras presies dít in die hand gaan werk – ‘n rasbewustheid met die nodige rassisme as newe-produk.

    Wat anders as daar nou waarskynlik meer rasgedrewe wette op die wetboek is as wat daar op die hoogtepunt van apartheid was? Wetgewing wat die mens se lewe van die wieg tot die graf rig, met geen aanduiding van ’n sonsondergangklousule nie. Veral as onthou word dat die vorige regering ruim voor 1994 die laaste apartheidswet uit die wetboek verwyder het.

    Weens die blanke se getalle, is die blankes se aandeel in die verkryging van die jongste persentasies eintlik onbeduidend, hoewel in die groter konteks nie minder belangrik nie.

    Tradisioneel, hoe dieper die ANC in die moeilikheid (by sy eie kiesers) is, hoe harder word die rassetamboer gewoon geslaan en is alles weer “reg.”

    Die jongste manifestasie was die minister van hoër onderwys en SAKP-leier, dr. Blade Nzimande, se monduitspoelery oor Akademia, waar die bysleep van ras suiwer ’n verbeeldingsvlug van die minister en sy “adviseurs” is.

    Nie dat daar nie “Afrikaners” is wat help stook nie. Gister was daar ’n foto op Facebook van dr. Corné Mulder van die VF Plus saam met Anchen Dreyer (DA) en Lindiwe Zulu (ANC) afgeneem kort voor hul deelname aan ’n TV-program. Onderaan, nogal onder sy eie naam, skryf een: “Ek pleeg eerder selfmoord as om saam met ’n m…d (Nederlandse woord vir volwasse meisie) op ‘n foto te verskyn.”

    Iemand wil nie dalk vir die persoon ‘n stomp mes aanstuur ter wille van die Afrikaner se behoud in die land nie?

    Nog ‘n bevinding van die opname is dat net 53% van die blankes saamgestem het dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom was. Hierteenoor het 80% van die swart mense, 77% Indiërs en 70% bruin mense dit geglo. In die geheel het 86,5% van die mense in 2003 gemeen apartheid was ’n misdaad teen die mensdom, teenoor 76,4% nou. (News 24 se opsomming van die verslag kan hier gelees word.)

    Op die gevaar af om te oorvereenvoudig, of mis te kyk dat die verslag dalk metodologie- of uitlegfoute bevat, is dit moeilik om tot ’n ander gevolgtrekking te kom as dat die skynbare opwelling van ras-identtieit ten koste van nasionale identiteit nie deur ‘n groot deel van die publiek van alle rasse as negatief ervaar word nie. Oor te veel ander aspekte is daar “positiewe” bevindings (dit sou inderdaad positief wees as dit met feite gestrook het). Net 24% van die ondervraagdes meen die ekonomiese toestande het versleg terwyl 39,5% meen dit het verbeter. Weliswaar meen 41,2% indiensneming het agteruitgeboer teenoor 31,1% wat meen dit het verbeter. Maar 44% meen rasseverhoudinge het die afgelope dekade verbeter, teenoor 17,4% wat meen dit het versleg. Altesaam 41,4% meen moraliteit het verbeter teenoor net 21,4% wat meen dit het versleg.

    Met soveel skynbare inherente uitskieters en teenstrydighede moet die verslag met groot waaksaamheid, baie vertolking en heel waarskynlik ’n gesonde skoot skeptisisme deeglik bestudeer word alvorens dit in enige beleidsraamwerk ingeweef kan word.

    ’n Insiggewende aanhaling uit die Instituut se opsomming van die verslag lui soos volg: “Key findings point to a significant decline in confidence and trust in governance institutions. In particular, results show a drop in citizen’s confidence in governance institutions, especially national government (10.8% decrease since 2012), as well as a 13% increase in the percentage of citizens who feel that government does not care about people like them. It is of interest to note that these declines occurred in the wake of the African National Congress (ANC) National Conference that was held in Mangaung in December last year, and in the run-up to the 2014 general elections.”

    Teen dié tyd weet die Afrikaner dat hy maklik die sondebok gemaak word vir alles wat sleg is. Juis daarom moet die Afrikaner sorg dat sy neus skoon bly – of eintlik meer: dat hy die morele hoë grond beklee. Die morele hoë grond maak dit moontlik dat Afrikaner-belangeorganisasies soos onlangs, die VN se onderskeie komitees met gesag kan toespreek en, gelaai met werklike feite, daar invloed kan uitoefen. Uiteindelik kan die Afrikaner hom beroep op internasionale geregtigheid.

    Maar dan moet die Afrikaner die morele hoë grond beklee… en die reg aan sy kant hê. En om ras, en veral rassisme en haatspraak-uitlatings deel hiervan te maak, is nie deel van die internasionale reg of die grondwet nie. In daardie geledere het ras net ’n “negatiewe reg”, met ander woorde, duidelike sake wat verbied word, soos dat daar nie onbillik teen ‘n bepaalde ras gediskrimineer mag word nie, dat daar nie haatspraak teen ’n ander ras gepleeg mag word nie, ensovoorts. Maar kom dit by minderheidsregte, is daar ook positiewe regte wat uitgeoefen mag word. Maar in ons grondwet, soos in artikel 235, en in die internasionale reg soos universiteite vir minderheidstale, is ras uitgesluit. Die twee soorte regte moet dus duidelik geskei word as die Afrikaner wil droom oor enige minderheidsregte.

    En haatspraak is nie die manier om daar uit te kom nie.

    Die debat oor Suid-Afrikanerskap eerste sal nog lank woed, en die wyse waarop analiste dit aanspreek, en die regering die voetwerk (reg) doen, gaan tot ’n groot mate die uitkoms bepaal. Maar as die regering gemeen het optredes wat tot vervreemding van gemeenskappe lei (die verslag toon aan dat bruin mense van die mees ontnugterdes is) is ‘n metode om nasionale eenheid aanmekaar te timmer, wys die verslag nou dat dit boemerang.

    06-12-2014 om 08:03 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    01-12-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Oud-Burgemeester gearresteerd omdat hij vroeg naar alcoholtest
    Een Zuid-Afrikaans oud-Burgemeester werd hardhandig gearresteerd nadat hij vroeg om een alcoholtest af te nemen bij een accident. Met getrokken geweren werd de man afgevoerd! 

    Bijlagen:
    http://www.vreesloosafrikaans.com/2014/11/police-brutality-in-lichtenburg-29-november-2014/   

    01-12-2014 om 07:58 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    28-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Zwart Racisme in Zuid-Afrika
    Klik op de afbeelding om de link te volgen

    Bijlagen:
    1377540_833489436710883_8189308984948409725_n.jpg (34.4 KB)   

    28-11-2014 om 08:04 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Racisme in Zuid-Afrikaanse schoolboek!

    Tekenprent in vraestel onnodig

    deur op 27 November, 2014

    Tekenprent in vraestel (2)

    AfriForum gaan ʼn klag indien by die departement van basiese onderwys na aanleiding van ʼn ontstellende illustrasie in een van die vrae in vandag se departementele gr. 9-geografie-vraestel.

    ʼn Onderwyseres wat verkies om anoniem te bly, het AfriForum in kennis gestel van ’n tekenprent in dié vraestel wat ʼn vet wit man uitbeeld wat deur ʼn maer swart man, wat ook as ʼn slaaf gesien kan word, gevoer word. Die vraag na aanleiding van die skets lui: Watter een van dié twee mans het ʼn hoër lewensverwagting?

    “Dit is vir AfriForum ontstellend dat die vraag op so ’n wyse geïllustreer word, al is dit satiries van aard. Waarom is dit nodig dat daar volgens kleur en klas onderskei moet word om te bepaal wat ʼn persoon se lewensverwagting is? Dit is diskriminerend en onnodig,” sê Carien Bloem, hoof van AfriForum se onderwysveldtogte.

    AfriForum dring aan op ʼn verduideliking oor waarom so ʼn illustrasie in die eerste plek in ʼn departementele vraestel toegelaat is. Ons sal ook graag wil weet wat minister Angie Motshekga se siening hieroor is.

    “Ons gaan nooit ʼn punt van gelykheid bereik as selfs leerlinge op skoolvlak aan sulke propagandistiese materiaal blootgestel word nie,” meen Bloem.

    28-11-2014 om 07:51 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    27-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Zuid-Afrikaanse politieman steelt computer...

    Polisieman steel glo uit premier se kantoor

    Argieffoto: SAPD

    Argieffoto: SAPD

    ʼn Polisiekonstabel van Mpumalanga het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn in verband met die diefstal van ʼn skootrekenaar.

    Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat konst. Promise Mashego (27) Vrydag in hegtenis geneem is nadat hy glo ʼn Apple MacBook uit David Mabuza, premier van Mpumalanga, se kantoor gesteel het.

    Mashego is nie tydens sy hofverskyning gevra om te pleit nie. Die hof het gehoor dat kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die beskuldigde, in sy polisie-uniform, die skootrekenaar van nagenoeg R28 500 vat.

    Mashego is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy moet weer op 21 Januarie in die hof verskyn.

    27-11-2014 om 07:55 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.ANC geeft toe in moeilijkheden te verkeren

    Die ANC is in die moeilikheid – Zuma

    President Jacob Zuma Foto: @newswallcoza, Twitter

    President Jacob Zuma Foto: @newswallcoza, Twitter

    President Jacob Zuma het Woensdag erken dat die ANC geskud is en in die moeilikheid is.

    “Die jeugliga is geskud, maar die moederliggaam is ook geskud,” het hy aan afgevaardigdes by die ANC-jeugliga se konsultatiewe konferensie in Soweto, Johannesburg, gesê. “Ons erken dat die organisasie in die moeilikheid is.”

    Zuma verwys na gesprekke Dinsdag tussen die ANC se gekombineerde nasionale werkkomitee en die nasionale uitvoerende komitee.

    “Ek kan jou waarborg dat as alles met die ANC verkeerd loop, sal alles in die land verkeerd loop. Daar is geen twyfel daaroor nie,” het hy gesê. Hy het die jeugliga-lede gemaan om die ANC te verdedig.

    Voordat Zuma opgedaag het, het afgevaardigdes liedere gesing wat die president vereer, en gesing, ‘lei ons Zuma’, in isiZulu. Toe hy by die saal instap, het die afgevaardigdes gejuig en ‘Umshini wam’ (bring my masjiengeweer) gesing.

    Die ANC-jeugliga se konferensie moes die jeugliga se verkiesingskonferensie gewees het, maar die nasionale taakspan het Dinsdag aangekondig dat die afgevaardigdes nie nuwe leiers sal aanstel nie. Magasela Mzobe, koördineerder van die taakspan, het gesê die verkiesingsfase is vir 2015 beplan. Dit is die tweede keer dat die verkiesing vir nuwe leiers uitgestel word. Die eerste een moes reeds tussen 24 en 28 September plaasgevind het.

    Mzobe het vandeesweek gesê die konsultatiewe forum sal slegs politieke, organisatoriese en funksionele verslae hanteer en sal kommissies hê wat die beleidsdokumente hanteer. Die nasionale taakspan is verlede jaar ingestel nadat die ANC die besluit geneem het om die ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komitee te ontbind.

    ʼn Aantal afgevaardigdes was ongelukkig dat die verkiesing vir nuwe leiers weer uitgestel is. ʼn Groep afgevaardigdes van Gauteng was oproerig en het sommige ANC-leiers afgejak deur “boo!” te skree. Hulle het ook “boo!” geskree omdat hulle nie by die konferensie mag stem nie.

    Zuma het tydens sy toespraak aan die afgevaardigdes gesê die ANC het die besluit geneem om die jeugliga se konferensie eerder ʼn konsultatiewe-konferensie, in plaas van ʼn verkiesingskonferensie te maak. “Ons wou nie dieselfde uitslag hê as die vorige keer nie,” het hy gesê, met verwysing na die omstrede 2011-konferensie toe voormalige ANC-jeugligaleier, Julius Malema, vir ʼn tweede termyn verkies is.

    Daar was reeds talle uitdagings voor die konferensie. “Terwyl ons met die nasionale taakspan vergader het om die konferensie te bespreek, en hulle verslag gedoen het, was ons nie oortuig dat dit veel anders sou wees as die vorige konferensie nie,” het Zuma gesê. “Ons [die ANC] het aan die nasionale taakspan gesê ons kan julle nie toelaat om voort te gaan nie.”

    Zuma het gesê indien die ANC-jeugliga se verkiesingskonferensie hierdie week sou plaasgevind het, sou dit weer ontbind moes word. Hy het die afgevaardigdes aangemoedig om die konsultatiewe konferensie te gebruik om die jeugliga weer op te bou. “Dit word gedoen ter wille van die hele beweging.”

    Hy het gesê die afgevaardigdes raak “te opgewonde” wanneer hulle nuwe leiers moet kies, en vergeet dan van beleidskwessies.

    “Dit was die regte besluit om te neem. Miskien dink jy as ʼn individu of julle as groep dat dit nie die regte besluit was nie, maar dan plaas jy nie die organisasie eerste nie. Ons is hier vandag, maar ons sal nie môre hier wees nie… maar die ANC sal. Kom ons plaas die ANC eerste,” het hy gesê.

    Senior leiers van die ANC insluitend twee voormalige ANC-jeugligapresidente, minister van binnelandse sake Malusi Gigaba en sportminister Fikile Mbalula het ook die konferensie bygewoon. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die party; sy adjunk Jessie Duarte; en ANC-tesourier Zweli Mkhize was ook teenwoordig.

    27-11-2014 om 07:50 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    26-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Blanke sloppenwijken in Zuid-Afrika...

    Wit plakkerskampe in Suid Afrika

    Hoe help mens hierdie mense? Of los jy hulle dat hulle aanspartel...?

    As jy kontakdetails het van sulke kampe en hoe die nood daar verlig kan word, los asb die detail in die comments.

    videos van wit plakkerskampe in Suid Afrika:
    http://www.vreesloosafrikaans.com/…/wit-plakkerskampe-suid…/

    26-11-2014 om 07:42 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    23-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Dictator Mugabe valt in de prijzen!

    Mugabe is “skolier van die eeu”

    Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

    Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

    President Robert Mugabe is deur die African Council for Distance Education as die skolier van die eeu aangewys.

    Die Zimbabwe Broadcasting Corporation (ZBC) berig dat dr. Olivia Muchena, minister van hoër en tersiêre onderwys, tydens die geleentheid gesê het dat Mugabe ʼn fantastiese skolier is en dat geen leier al só prestasie behaal het nie.

    Muchena het gesê as ‘n vooraanstaande afstandsonderrigstudent is Mugabe ‘n spesialis in politieke ekonomie en maatskaplike ingenieurswese.

    Dit kom kort na berigte dat Mugabe sy vrou, Grace, se doktoraat nagesien het. Oppah Muchinguri, uittredende hoof van die Zanu-PF-vroueliga, het vroeër die week tydens ʼn saamtrek in Mazowe, noord van Harare, gesê Grace Mugabe het slapelose nagte gehad terwyl sy vir haar doktorsgraad studeer het, “terwyl president Mugabe dit nagesien het”.

    Haar uitlatings het opnuut ʼn herrie veroorsaak oor die doktorsgraad wat deur die Universiteit van Zimbabwe aan Grace toegeken is, glo twee maande nadat sy daarvoor begin studeer het. Talle Zimbabwiërs glo dat die graad op ʼn bedrieglike wyse aan Grace, ʼn voormalige tikster, toegeken is om steun te verleen aan haar nuwe politieke loopbaan.

    Die 49-jarige Grace gaan oorneem as hoof van die Zanu-PF se vroueliga en het al te kenne gegee dat sy ambisie het om president te word.

    23-11-2014 om 19:40 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Residentie president Zuma valt uit elkaar

    Millions later, Nkandla is falling apart.......

    En hoekom is 'n mens nie eers verbaas nie.

    Dit is nou eenmaal so, as jy iets verniet gekry het (of in hierdie geval, iemand anders se geld gebruik het om vir die set up te betaal- lees: JOU belastinggeldjie), dan worry jy nie eintlik as dit ten gronde gaan nie

    ps. En hoekom sal jy die rubbish optel op jou erf/ rondom jou huis....

    Video - Nkandla style-onthou jy nog?

    This is despite the fact that Zuma supporters have repeatedly argued that the R246-million upgrade to the president's rural compound was vital to keep him safe.

    Less than two years after it was erected, the R6.2-million high-security perimeter fence around the homestead is in a disgraceful state.

    The Sunday Times visited Nkandla this week and found parts of the fence entirely broken and other sections patched in makeshift fashion with logs and other objects.

    Zuma's palatial 8.9ha private residence is surrounded by two rings of 3m-high fence - an internal fence that cost R8.2-million and the outer perimeter fence, which is collapsing.

    23-11-2014 om 14:39 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Hoofd luchtmacht heeft geen juiste graad!

    Argieffoto

    Argieffoto

    Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) voer aan dat daar weens ʼn redigeerfout verkeerdelik aangedui is dat Nico Bezuidenhout, waarnemende hoof van SAL, ʼn graad het, berig die Sunday Times.

    SAL het die week erken dat sy 2011 en 2012 jaarverslae verkeerd was aangesien daarin beweer is dat Bezuidenhout ʼn BCom-graad in vervoerekonomie en bedryfsielkunde sowel as ʼn MBA het. SAL, wat glo namens Bezuidenhout gepraat het, het Vrydag ʼn CV aan die koerant verskaf waarin daar beweer word dat Bezuidenhout in 1995 by die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) ingeskryf het vir ʼn BCom, ʼn jaar nadat hy matriek voltooi het.

    Volgens Bezuidenhout se akademiese rekord het hy in 1996 opgeskop. Hy het in 1997 by Unisa ingeskryf vir ʼn BCom in vervoerekonomie en bedryfsielkunde. Volgens Bezuidenhout se CV is een van die vakke al vir 14 jaar uitstaande. Bezuidenhout het glo hierna vir ʼn MBA geregistreer by Milpark Education maar nooit die vereiste proefskrif ingehandig nie.

    SAL het Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Mango, verlede jaar gevra om die lugredery se bedrywighede oor te neem nadat Vuyisile Kona, die toe waarnemende uitvoerende hoof, as voorsorgmaatreël geskors is.

    SAL het destyds gesê dat Bezuidenhout geen geheim daarvan gemaak het dat hy nie sy graad in vervoerekonomie en bedryfsielkunde voltooi het nie en dat hy besluit het om te begin werk. Volgens SAL was daar ʼn redigeringsfout in sy 2011 en 2012 jaarverslae en is dit om die rede dat daar verkeerdelik aangedui is dat Bezuidenhout sy graad voltooi het.

    Bezuidenhout is vroeër die maand weer as waarnemende hoof van SAL aangestel.

    23-11-2014 om 12:15 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Omheinig domein Zuma valt uit elkaar na amper 2 jaar!!!
    Nkandla

    Nkandla

    Die multi-miljoenrandse hoë-veiligheid grensheining by president Jacob Zuma se private Nkandla-woning is besig om uitmekaar te val, minder as twee jaar nadat dit opgerig is, berig die Sunday Times.

    Volgens die koerant het verslaggewers Nkandla besoek en gesien dat dele van die heining heeltemal gebreek is terwyl ander dele gelap is met stukke hout en ander voorwerpe.

    Zuma se 8,9ha woning in KwaZulu-Natal is omring deur twee 3m-hoë heinings. Die binnenste heining het sowat R8,2 miljoen gekos. Die buitenste heining is besig om uitmekaar te val.

    Volgens die Sunday Times is daar ook skade aan die heining naby Zuma se hoofwoning. Die heining naby een van die waghuise is glo omgestamp terwyl die gedeelte van die heining naby die rondawels heeltemal omgeval het en deur stompe regop gehou word. Volgens die berig is daar ook ʼn gat in die heining rondom die veiligheidskompleks.

    Die kontrak vir die oprigting van die heining is toegeken aan die Durbanse sakevrou Thandeka Nene, wat se maatskappy werk van nagenoeg R98 miljoen gekry het vir die Nkandla-projek. Die kontrak vir die heining is egter later gekanselleer en aan Betafence Projects toegeken.

    23-11-2014 om 09:35 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    22-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Operaties afgezegd wegens geen narcose

    Operasies gekanselleer weens tekort aan narkose

    Argieffoto

    Argieffoto

    Operasies wat nie dringend is nie, is glo vandeesweek by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg gekanselleer as gevolg van ʼn tekort aan narkose.

    Jack Bloom, die DA in Gauteng se woordvoerder van gesondheid, het Vrydag in ʼn verklaring gesê daar is ʼn nypende tekort aan narkose in die provinsie.

    “Ander hospitale in die provinsie ervaar soorgelyke tekorte, maar die departement erken nie dat daar ʼn dreigende krisis is nie,” het Bloom gesê.

    Hy het gesê dit is die nasionale departement se skuld omdat farmaseutiese tenders laat toegeken word en die kontrakte van sekere gekodeerde medisyne verwyder is.

    Prince Hamnca, woordvoerder van die departement, was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

    22-11-2014 om 08:42 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Mugabe en het Zuid-Afrikaanse ANC...

    Nuuskommentaar: Kan so ‘n party met ons verkiesings vertrou word?


    Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

    Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

    Verlede Vrydag het ’n brokkie uiters belangrike nuus in ons nuusruim, onder die radarhoogte, inbeweeg. As u dus nou vir die eerste keer hiervan hoor, is dit nie u onoplettendheid nie… dit het gewoon nie die nuusdekking gekry wat dit verdien het nie.

    Vrydag is die jarelange hofstryd afgesluit waarin die Mail & Guardian ’n grondwetlike en wetlike bepaling probeer afdwing het om insae te kry in die sogenaamde Khampepe-verslag. Die Mail & Guardian wou amptelike bevestiging kry dat die Zimbabwiese verkiesing van 2002 nie vry en regverdig was nie, en dat die Suid-Afrikaanse regering daarvan geweet het, maar nogtans standpunt ingeneem het dat Mugabe die verkiesing regverdig gewen het.

    Drie opeenvolgende presidente, Thabo Mbeki (wat die kommissie aangestel het), Kgaleme Motlanthe en Jacob Zuma, het egter alles in die stryd gewerp om te keer dat die bevindinge bekend gemaak word. Vrydag het die grondwetlike hof die verset die doodskoot gegee, en die Mail & Guardian (wat reeds op straat was) kon die bevindinge op die internet plaas.

    Die bevindinge was dat regters Sisi Khampepe en Dikgang Moseneke, wat deur Mbeki na Zimbabwe gestuur is om die verkiesing te monitor en verslag te doen, inderdaad bevind het dat die geweldpleging en ander manipulasie voor die verkiesing, en onder andere beheer oor die toegang tot die openbare media, so erg was dat die verkiesing nie vry en regverdig was nie.

    En hoe het ons eie openbare uitsaaier op verlede Vrydag se nuus gereageer? ʼn Soektog deur RSG se argiewe dui daarop dat RSG laas op 5 September, toe die uitspraak nog in die appèlhof voorbehou is, oor die verrigtinge verslag gedoen het. Dis waarskynlik eerder ’n nuusglips as ’n handeling om die ANC ter wille te wees, maar dit is steeds verontrustend. Dieselfde geld waarskynlik Netwerk 24 wie se argief ook aandui dat geen nuusdekking hieraan verleen is nie. Dis geen veroordeling nie, bloot ’n waarneming.

    Media 24, in die vorm van News 24, het wel Donderdag die nuus gedra toe die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai, woedend gereageer het.

    Maar wat is die betekenis hiervan?

    Die kort weergawe is dat die ANC bereid is om die land se kiesers blatant te mislei ter wille van ’n despoot soos Mugabe, en bereid was om dié misleiding tot in die hoogste hof te voltrek. Dit werp ’n baie donker skadu oor die ANC se verbintenis dat verkiesings ook hier vry en regverdig moet wees. Dit sluit in ’n verbintenis tot ʼn onverbondenheid van die openbare uitsaaier, en met genoeg maatreëls in plek om ’n andersins vrye media te verseker. Daar lyk dinge ook nie te waffers nie, met Suid-Afrika wat lank nie die mees vrye pers op die kontinent het nie soos die land op hierdie indeks die kreeftegang gegaan het.

    Die onthulling oor hoe drie agtereenvolgende presidente verbete die waarheid van die Suid-Afrikaanse kiesers weerhou het, val saam met die sweer wat in die parlement oopgebars het.

    Die vingers word lustig oor en weer gewys, maar die feit is dat die manier waarop die ANC oor ’n lang tyd ’n beergreep op die parlement begin uitoefen het om dit in ’n rubberstempel vir Luthuli-huis te maak, het ook reeds in die howe, en die grondwetlike hof gaan draai. Die ANC het selfs die mees basiese tradisie van parlementêre demokrasie – om ʼn mosie van wantroue in die president te kan stel, probeer nek omdraai. En, so lyk dit, dis juis hierdie demokratiese praktyk se toepassing wat nou die ooreenkoms tussen partye om orde in die parlement te herstel, nek omgedraai het.

    Dat die DA in die openbare mening nie met skoon hande daarvan afkom nie, moet minstens ten dele voor die deur van die DA gelê word as na die DA se media-aksie op sy webwerf gekyk word. Dit lyk of die DA sy kant deur uittreksels van toesprake deur ampsdraers probeer stel. ’n Bietjie basiese kennis van kommunikasie deur politieke partye wêreldwyd toon dat dit nie werk nie, en ook reeds regerings tot ’n val laat kom het.

    Toe Margaret Thatcher en haar Tories aan bewind gekom het, het hulle dit juis grootliks vermag deur professioneel te kommunikeer. Die Arbeiders het geklou aan die LP-tradisie dat die parlementslede self “meester-kommunikators” is, en dat die professionele kommunikasiekundiges maar wyd moes hou. Maar ’n groot bek hou eenvoudig nie teen professionele kommunikasiekundiges nie. En nou nog minder met politici wie se beeld by kiesers wêreldwyd aan skerwe lê. Pres. Barack Obama van die VSA wat as spreker internasionaal hoog aangeslaan word, was voor die Amerikaanse midtermyn-verkiesing so ongewild dat van sy eie party se kandidate wal gegooi het dat hy as spreker by hul verkiesingsgeleenthede moet kom optree.

    In Suid-Afrika is die posisie nog komplekser. Die afgelope aantal jare het die gemeenskaps- en sosiale media baie gegroei. Hierdie media beskik selde oor vertalers, en nuusverklarings wat slegs in Engels voorsien word, beland dikwels weens ’n gebrek aan kapasiteit om dit in ander tale te vertaal in die snippermandjie. Om ’n toespraak, of ’n deel van ʼn toespraak, te verwerk en te vertaal maak dit nog moeiliker. Boonop het die nuusgebeure in die parlement mekaar so vinnig opgevolg dat dit moeilik was om by te hou.

    Ook ander politieke partye gaan nou nie juis uit hul pad om die kiesers op die hoogte van sake te hou nie. Die indruk word geskep dat die partye onderling dit nie almal eens is oor ander se optrede nie, en self ook onseker is oor die beste manier oor hoe om die krisis aan te spreek.

    Hierteenoor span die ANC waarskynlik sy mees geloofwaardige lid in om die vlag te dra – adjunk-president Cyril Ramaphosa.

    Die bekendmaking van die Khampepe-verslag neutraliseer egter al die voordeel wat die ANC in die koppestamp kon verwerf. Of dit behoort dit te neutraliseer.

    Hoewel Mugabe se bewind einde se kant toe staan, lyk dit in hierdie stadium of reeds aan hoofstuk twee geskryf word – met sy jong vrou Grace (en eertydse sekretaresse) wat nou vinnig die nodige skuiwe maak om haar man op te volg. En te oordeel aan haar spandeervermoë, uitsprake en omstredenhede, lyk dit of sy eerder ’n nog groter ramp vir Zimbabwe gaan wees as Mugabe self.

    Te danke aan ’n toesmeeraksie van 2002 af.

    Die MDC het juis tot stand gekom toe daar ’n breekspul tussen die regerende Zanu-PF en sy vakbond-vennoot was. Trouens, Cosatu het lank sy sentimentele bande met die MDC behou, maar uiteindelik onder druk van die ANC die MDC die rug toegekeer. Nou het die ANC sy eie moeilikheid met Cosatu, hoewel dit baie anders manifesteer. Dit wil byvoorbeeld lyk of die kanse dat ’n meer gematigde politieke party of magsblok uit Cosatu of sy afvallige filiale kan voortspruit, ongeveer so goed is as dat Suid-Afrika teen Kersfees ’n basis op Mars sal kan inrig.

    Aan die ander kant toon die manier waarop die Khampepe-verslag hanteer is tot welke mate die ANC bereid is om sy talle muishondvriende oor die wêreld te beskerm, al is dit tot die uiterste nadeel van die land.

    22-11-2014 om 08:32 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    21-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Aanhoudende problemen in Zuid-Afrikaans parlement

    Adj.pres. Cyril Ramaphosa en die speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete, gister in hul bank nadat Ramaphosa moes bontstaan om opposisie-LP’s se vrae te antwoord terwyl Mbete die vrede probeer vewaar het. Foto: Nasief Manie

    ​Humor uit die parlement

    Die ANC het gisteraand sy taktiek om die DA se mosie van sensuur teen pres. Jacob Zuma te vertraag uit die einste DA se arsenaal van toertjies gehaal.

    Soos met verlede Donderdag se sitting, toe die DA die debat oor die ad hoc-komitee oor Nkandla se verslag vertraag het, het die ANC kennisgewings van mosies gebring.

    Die DA het dit egter verwelkom en lustig meegedoen, met sy hoofsweep, John Steenhuisen, wat gesê het nabootsing is die grootste kompliment en sy party het baie energiedrankies.

    Die ANC het dit grootliks gebruik om die DA-beheerde Wes-Kaap aan te val, terwyl die DA gereeld na Nkandla verwys het.

    Hier is van die snaakser mosies wat gebring is:

     Haniff Hoosen, DA-LP, het gevra dat die raad die verdwyning van pres. Jacob Zuma debatteer, asook ’n beloning aanbied vir wie hom ook al vind;

     ’n NFP-LP het voorgestel dat die huis ’n debat voer daaroor om tradisionele genesers te vra om te kyk of LP’s nie getoor is en of hulle nog weet hoekom hulle in die parlement moet wees;

     Stella Ndabeni-Abrahams, adjunkminister van kommunikasie: “Dat die huis ’n debat hou oor die vlak van verkwiste besteding van belastingbetalersgeld vir die salarisse van die DA wat net hier is om beswaar te maak.”;

     Die DA-LP Greg Krumbock het voorgestel dat die raad die goeie waterverskaffing van Durban debatteer, want die water het “Schabir Schaik se volle herstel moontlik gemaak”.;

     Van die DA-LP’s het ook op Twitter vir voorstelle vir mosies gevra. Hulle het egter nie die een gebring dat die raad debatteer hoe vertragingstaktiek joernaliste se tyd mors nie. 

    – Jan Gerber

    “Waar is die president?” “Waar is Jacob Zuma”, “Waar is Nommer Een?” en “Waar is jou buurman?”

    Dié vrae het gister in ’n warm vraesessie uit die DA-banke in die Nasionale Vergadering (NV) opgeklink. Opposisiepartye is ontevrede dat Zuma nie voor die einde van die jaar, soos parlementêre reëls vereis, vrae in die NV sal beantwoord nie.

    Dit was gister ANC-LP’s se beurt om die vertragingstaktiek filibustering te gebruik om te keer dat ’n debat oor ’n DA-mosie van sensuur teen Zuma voortgaan. Die DA wou Zuma sensureer omdat hy nie in die huis verskyn om vrae te beantwoord nie.

    Die vertragingstegniek bestaan uit eindelose mosies oor voorgestelde onderwerpe vir debat in die huis.

    Dit is dieselfde tegniek wat die DA verlede week gebruik het om ’n stem oor die Nkandla-verslag te vertraag.

    Dit het uiteindelik gelei tot die dramatiese voorval waarin ’n EFF-LP deur lede van die polisie se openbare-orde-eenheid uit die NV verwyder is.

    John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het gisteraand gesê die party het baie Red Bull en is reg vir die ANC. Die DA het toe geesdriftig aan die vertraging van hul eie mosie deelgeneem.

    Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, het na bewering vir David Maynier, DA-LP, die middelvinger gewys toe hy ’n mosie ingedien het.

    Steenhuisen het toe beswaar gemaak en gesê Sisulu “flipped a Floyd”, ’n verwysing na die voorval toe die EFF-LP Floyd Shivambu in September vir Ramaphosa die middelvinger gewys het. Sisulu het dit ontken.

    Vroeër in die sitting wou
    Molapi Andries Plouhamma, Agang-LP, by adj.pres. Cyril Ramaphosa weet hoe hy as leier van regeringsake gaan verseker dat die uitvoerende gesag hul beskikbaarheid prioritiseer om vrae in die NV te beantwoord.

    Ramaphosa het die uitvoerende gesag verdedig en gesê hy ervaar ’n groot mate van toewyding van ministers om vrae te beantwoord.

    “Behalwe van Nommer Een,” het Anchen Dreyer, DA-LP, laat hoor.

    Op Sibongile Nkomo, IVP-LP, se vraag oor wat hy as gepaste strafmaatreëls teen ministers beskou wat nie vrae beantwoord nie, het Ramaphosa gesê hy was onder die indruk dat die vergadering met opposisiepartye Dinsdag aandag aan die probleme in die NV gegee het.

    “Ek was onder die indruk dit was ’n ernstige poging – ’n poging wat deur baie mense geloof is wat nie in die huis sit nie, maar ook mense wat in die huis sit. Hulle het gevoel dat ’n ongelooflike geleentheid vir ’n slag vir die huis oopgegaan het om sy statuur en stand onder die mense te herwin as ’n huis wat gerespekteer kan word wat die wette van die land maak.”

    In ’n verklaring wat ná die begin van die debat uitgereik is, het Ramaphosa gesê: “Dit is betreurenswaardig dat die DA in hierdie kritieke oomblik in die lewe van ons parlement besluit het om die nasionale belang ondergeskik te maak aan hulle eie, beperkte politieke belange.”

    Ramaphosa het hom tot Baleka Mbete, speaker, gewend en gesê dit hy probeer die vrae beantwoord, maar dat die uitvoerende gesag die geleentheid moet hê om dit in die regte klimaat te doen.

    Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, het gesê die geloofwaardigheid van die parlement kan nie herstel word voordat Zuma mondelinge vrae beantwoord nie.

    Inbellyn: LP’s sien rooi oor JZ-grap

    Click to enlarge

    Dink jy uitbarstings in die parlement is skadelik vir ons demokrasie?

    Emosies was gisteroggend al gaande geloop en harde woorde het in die parlement geval nadat ’n DA-LP ’n grap oor pres. Jacob Zuma gemaak het.

    Die departement van staatsdiens en administrasie, asook die Staatsdienskommissie en die departement van beplanning, monitering en evaluering, het in die portefeuljekomitee oor staatsdiens en administrasie verslag gedoen oor inbellyne, ook die presidensiële inbellyn. Terwyl die voorleggings aan die gang was, het Andricus van der Westhuizen, DA-LP, het ’n oproep na die presidensiële inbellyn gemaak en LP’s na die musiek op die lyn laat luister terwyl hy glo sewe minute lank moes aanhou.

    “Die president se stem antwoord wanneer ’n mens bel. Dit is seker die naaste wat ons die president aan die parlement gaan kry,” het hy spottenderwys gesê.

    Almal het egter nie gelag nie. Mervyn Dirks, ANC-LP, het rooi gesien en skerp gemaan dat dit nie ’n grap is nie. “Hulle wil die kwessie van die president elke keer skelm inbring.”

    Madala Ntombela, ook ’n ANC-LP, het op ’n verskoning aangedring. “Waar ek nou sit, is ek nog in beheer van my emosies ondanks al die uitlatings oor Luthuli-huis. Dié dinge maak ons siek en as ons ons humeur verloor, sal die vergadering moet verdaag . . . en ons wil nie hê dit moet gebeur nie.”

    Dirks het ná Van der Westhuizen se verskoning emosioneel verder gestoom. “Indien minderheidspartye speletjies wil speel, is dit reg – ons kan ook. Ons het nog nooit die feit dat hulle ons in tronke gegooi het, ons kamerade vermoor het, in húl gesig gegooi nie.

    “Van die wit moordenaars loop steeds hier in Suid-Afrika, sommige sit selfs hier in die parlement. Ons het dit nog nooit in hul gesigte gegooi nie, maar as hulle so voortgaan, kan ons dit doen. En ons sal vra dat die wit misdadigers vervolg word. Van hulle sit steeds in hul poste en dan wil hulle so optree . . . ek sal dit nie toelaat nie.” 

    Alicestine October

    21-11-2014 om 18:06 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    20-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Racisme aan de Zuid-Afrikaanse Universiteiten

    De eenzijdige nadruk op ras in het universiteitsdebat over transformatie beschadigt het universiteitswezen in het algemeen en studenten in het bijzonder. Dit standpunt werd verkondigd bij de mensenrechtencommissie over transformatie en racisme bij universiteiten door Flip Buys , voorzitter van de Solidariteit Beweging.

     

    Buys heeft gezegd dat de Solidariteit Beweging elke vorm van racisme verwerpt , en zich zorgen maakt over de groeiende opvatting dat racisme alleen een " witte " en vooral Afrikanerprobleem is . Volgens hem halen vermeende rasincidenten waarbij blanke en Afrikaanstalige studenten betrokken zijn meteen de voorpagina's en stelt de minister voor het hoger onderwijs daartegen een onderzoekscommissies in. Daartegenover miskennen de autoriteiten en de media het anti - Afrikaner - racisme dat steeds vaker bij universiteiten voorkomt . Buys heeft Langenhoven gevraagd, waarom elke politiek van de Afrikaners steeds als racisme wordt bestempeld, terwijl andere politieke groepen juist een racistische politiek voeren.


    vertegenwoordiging
     
    Buys zei dat terwijl er bij de Afrikaners terecht voortdurend over racisme in eigen 
    gelederen gedebatteerd wordt en aan zelfonderzoek wordt gedaan, er geen
    sprake is van een debat in regeringskringen over de groeiende rol die ras
    in overheidsbeleid bij universiteiten spelen. De realiteit is dat begrippen als
    "correctie " en " mensenrechten " in de praktijk steeds meer misbruikt worden
    om onrecht en de miskenning van de mensenrechten te proberen vergoelijken.
    Hier heeft Buys verwezen naar gevallen waarin valse beschuldigingen van
    blank racisme misbruikt wordt om Afrikaanstaligen hun grondwettelijk recht op
    onderwijs in de moedertaal in de naam van transformatie te ontzeggen.
     
    " Het is noodzakelijk dat meer zwarte academici opgeleid en ontwikkeld worden . 
    Tegelijkertijd is het niet een oplossing om in naam van de correctie een rem op
    blanke academici te plaatsen en rasvereisten op te leggen. Daarnaast is het
    oneerlijk om “inclusiviteit” tot ' “representativiteit” te beperken , omdat dit onder
    meer tot het einde van het Afrikaans als volwaardige academische taal zal leiden .
    Alle universiteiten samen moeten representatief zijn voor de bevolking zijn ,
    en niet elke campus, omdat een dergelijk beleid ' gelijkenis ' onder auspiciën
    van ' diversiteit ' zal betekenen , " heeft Buys gezegd.
     
    Mijn opinie:
     
    De Zuid-Afrikaanse overheid hanteert meer dan 20 jaar na de vrije verkiezingen raseigenschappen en taal als element bij promotie in het onderwijs. Men maakt gebruikt van eufemismen om dit nieuwe zwarte racisme te verdoezelen

    Afrikaans en Afrikanen
     
    Volgens Buys worden de rasgemotiveerde pogingen om universiteiten 
    te transformeren soms niet herkend of opgemerkt, omdat mensen alleen
    naar de taal kijken . De meeste campusbesturen willen echter niet minder
    Afrikaans op campussen horen, ze willen minder (blanke) Afrikanen
    op de campussen zien. Het doel van de rastransformatie is dat het
    Afrikaans als academische taal zal verdwijnen. Dit beleid heeft ook tot doel
    dat het studentenleven bij historisch Afrikaanstalige universiteiten moet
    worden afgeschaft omdat het “een uiting van Afrikanercultuur is”,
    hetgeen als anti - Afrikaner - racisme kan worden bestempeld."
    Deelname aan het studentenleven is essentieel voor de algemene vorming
    van studenten en is een onmisbaar onderdeel van de universiteitservaring
    die studenten niet ontzegd mag worden. "
     
    Buys standpunt is dat het grootste probleem bij universiteiten niet het Afrikaans 
    of blank racisme is , maar de “struggle-cultuur” (gevechtscultuur), die bij
    bepaalde campussen studenten, studies en levenskansen schaadt .
    Hij waarschuwt dat de voortdurende aanvallen op blanke studenten op
    campussen de grootte van een heksenjacht aanneemt en dat dit alleen
    tot verdere polarisatie kan leiden.

    20-11-2014 om 00:00 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Zuid-Afrikaans minister steekt middenvinger uit
    Minister Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS

    Minister Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS

    Lechesa Tsenoli, adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, het LP’s Woensdag weer gewaarsku om hul van handgebare te weerhou nadat Lindiwe Sisulu, minister van huisvesting, glo vir ʼn DA-LP die middelvinger gewys het.

    David Maynier, DA-LP, het ʼn mosie ingedien waarna talle ANC-LP’s handgebare gemaak het. John Steenhuisen, DA-hoofsweep, het beswaar aangeteken en gesê Sisulu “flipped a Floyd”. Dit was ’n verwysing na ʼn voorval in September toe Floyd Shivambu, EFF-LP, vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa die middelvinger gewys het.

    “Dit is onparlementêr. Sy moet dit terugtrek,” het Steenhuisen gesê. Sisulu het erken dat sy die middelvinger gewys het. “Ek het gesien hulle [LP’s van die opposisiepartye] gebruik die middelvinger. Ek volg hulle net na,” het Sisulu gesê.

    Volgens Tsenoli het hy nie gesien dat Sisulu die middelvinger gebruik het nie. Hy het LP’s wel gewaarsku om hulle van handgebare te weerhou.

    20-11-2014 om 00:00 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    17-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Strafrechtelijk onderzoek wegens corruptie president Zuma

    SA President en die Nkandla Skandaal

    Nkandla Paleis

    Nkandla Paleis

    KAAPSTAD – Dit is bevestig dat President Jacob Zuma strafregtelik ondersoek word weens korrupsie wat verband hou met die Nkandla-skandaal.

    Nathi Nhleko, het in die vorige week skriftelik in die parlement bevestig dat die polisie besig is met die ondersoek teen Zuma nadat die DA klagte van korrupsie ingedien het. Dit is die tweede keer dat die staatshoof die onderwerp is van ’n strafregtelike ondersoek na korrupsie. In 2005 is Zuma daarvan aangekla dat hy omkoopgeld van Schabir Shaik en die Franse wapenmaatskappy Thales ontvang het. Dit was nadat Shaik skuldig  bevind is aan dié klagte.

    In 2009 is die klagte teen Zuma teruggetrek nadat die sogenaamde spioenasiebande ondersoek was. Nou word Zuma ondersoek of hy betrokke was by die opknappings van R246 miljoen aan sy private huishouding by Nkandla. Adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, en die spesiale ondersoekeenheid het bevind dat Zuma en sy familie voordeel geniet by dié opknappings.

    Madonsela wil hê Zuma moet ’n deel van die geld terugbetaal. Hoewel Zuma tot dusver nog nie direk aan korrupsie met die Nkandla-skandaal gekoppel kan word nie, weier die president om te sê hoe hy en sy familie vir die drie woonhuise in die Nkandla-kompleks, wat deur dieselfde bouer as die res van die ontwikkeling gebou is, betaal het.

    Moneymine is vir meer as R50 miljoen op die Nkandla-projek vergoed. Die maatskappy word besit deur die Mfeka-egpaar, Pamela en Michael. Michael Mfeka en Gcaba het in 2012 saam getender om ’n polisiekantoor te bou. Nhleko, minister van polisie, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, bevestig dat die polisie die korrupsieklagte ondersoek wat Maimane in Maart by die Nkandla-polisiekantoor teen Zuma ingedien het.

    Julius Malema, EFF-leier, is een van die ander wat ’n klag teen Zuma ingedien het nadat die openbare beskermer se verslag sy opwagting gemaak het. Die DA het die hooggeregshof in Pretoria verlede week genader om die “Shaik”-korrupsie-aanklagte teen die president weer in te stel. Volgens die DA se James Selfe het die spioenasiebande bewys dat die redes om die aanklagte teen Zuma in 2009 te laat vaar “inderdaad irrasioneel”.

    17-11-2014 om 07:52 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Electriciteitsproblemen bedreigen economie

    Eskom Verkrag SA Ekonomie

    Elektriese Substasie 640x480SUID-AFRIKA – Kragonderbrekings, beurtkrag en onsekerheid oor waar Suid-Afrika se krag vandaan gaan kom in die toekoms, het die land se ekonomie sedert 2008 nagenoeg R3 miljard gekos.

    Só het die ekonoom Dawie Roodt gister gesê die Suid-Afrikaanse ekonomie kon nou 10% groter gewees het as in 2008 as daar vertroue in die land se kragnetwerk was. Dit kon 1 miljoen werkgeleenthede die afgelope ses jaar geskep het.

    Lance Greyling, die DA se woordvoerder oor energie, het Vrydag gesê Suid-Afrika se kragnetwerk moet so gou moontlik van Eskom ontneem en in die hande van ’n “onafhanklike en betroubare” entiteit geplaas word. Die ideologie binne die ANC dat hy die monopolie op Suid-Afrika se kragnetwerk moet behou, is besig om die land se ekonomie ernstig op sy knieë te dwing.

    Chris Yelland, elektriese ingenieur en besturende direkteur van EE Publishers, het gister gesê die Wetsontwerp op Onafhanklike Stelsels en Markoperateurs (ISMOB) wat dit vir onafhanklike kragprodusente moontlik sal maak om elektrisiteit aan Suid-Afrika se kragnetwerk te verskaf en te verkoop, is al vier jaar gelede deur die departement van energie voorberei, maar is nou iewers in ’n kabinet versteek.

    Volgens Yelland is onafhanklike kragprodusente – hoofsaaklik in die son- en windkragsektor – besig om infrastruktuur op te rig vir die opwekking van 18 000 MW. Hulle moet nou net die geleentheid gegun word om dit aan Eskom te verkoop. Eskom wil nog nie op groot skaal krag van onafhanklike kragprodusente koop nie, omdat dit sy monopolie gaan verbreek, wat hy ook nie wil toelaat nie.

    Greyling het gesê die ANC is diep verdeeld oor die kragnetwerk. Hy meen mense wat sonpanele op hul dak het en ’n oorskot krag opwek, behoort ook hul krag aan Eskom te kan verkoop.  Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het gesê Medupi sal in 2019 volstoom aan die werk wees en 4 764 MW opwek. Kusile behoort 18 maande later op dreef te wees en sal 4 800 MW opwek.

    Eskom se sonplaas by Upington sal 100 MW opwek. Bouwerk aan dié sonpanele begin eersdaags. Eskom se Sere-windplaas in die gebied van die Matzikama- plaaslike owerheid in die Wes-Kaap word tans gebou. Sewe van die 49 windturbines is reeds opgerig. Altesaam 100 MW sal ook by dié windplaas opgewek word. Die windplaas sal einde aanstaande jaar in volle produksie wees.

    17-11-2014 om 07:49 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)
    15-11-2014
    Klik hier om een link te hebben waarmee u dit artikel later terug kunt lezen.Julius Malema vindt grondbezetting goed

    “Grondbesettings nie verkeerd nie” – Malema

    Metropolisielede het op 12 November 2014 met rubberkoeëls op klipgooiers by Nellmapius in die ooste van Pretoria losgebrand nadat die persone onwettig plakkershuise wou oprig. Foto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

    Metropolisielede het op 12 November 2014 met rubberkoeëls op klipgooiers by Nellmapius in die ooste van Pretoria losgebrand nadat die persone onwettig plakkershuise wou oprig. Foto: Daniella van Heerden/eNuus, Twitter

    Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Vrydag gesê daar was niks verkeerd met die poging tot grondbesetting in Nellmapius, Pretoria-Oos, vroeër vandeesweek nie.

    “Dit is die progressiewe programme wat oral in Suid-Afrika moet gebeur,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê. Indien die regering nie aan die mense grond kan gee nie, moet hulle dit vat. “Dit is ons grond. Hulle moet dit vat. As jy nie die massa kan lei nie, gaan hulle dit self doen.”

    Malema het gesê hy gee nie om of dit staatsgrond of privaat besit is nie, en die EFF is nie skaam oor hierdie deel van die struggle nie. Hy het gesê daar gaan meer van hierdie “programme” wees ná die party se nasionale vergadering wat na verwagting in Desember gehou gaan word.

    Nellmapius-inwoners het Woensdagoggend probeer om plakkershuis op die grond op te rig. Die ANC in Gauteng het gesê die grond is geoormerk vir laekostebehuising. Die plakkershuise is gesloop en die inwoners was ontstoke. Hulle het Tshwane-metropolisiebeamptes met klippe bestook en paaie met klippe, boomtakke en brandende bande versper. Die metropolisiebeamptes het met rubberkoeëls op hulle losgebrand.

    Vusi Msiza, voorsitter van die EFF se Nellmapius-tak, het gesê die grondbesetting het al verlede Sondag begin. “Daar was mense wat probeer het om die plakkershuise op te rig. Die EFF het besluit om die gemeenskap te ondersteun omdat ons almal hierdeur geraak word,” het hy Woensdag gesê.

    15-11-2014 om 09:54 geschreven door Afrikaners against black racism  

    0 1 2 3 4 5 - Gemiddelde waardering: 0/5 - (0 Stemmen)


    Archief per week
  • 02/03-08/03 2015
  • 23/02-01/03 2015
  • 09/02-15/02 2015
  • 02/02-08/02 2015
  • 26/01-01/02 2015
  • 19/01-25/01 2015
  • 12/01-18/01 2015
  • 15/12-21/12 2014
  • 01/12-07/12 2014
  • 24/11-30/11 2014
  • 17/11-23/11 2014
  • 10/11-16/11 2014
  • 03/11-09/11 2014
  • 27/10-02/11 2014
  • 20/10-26/10 2014
  • 13/10-19/10 2014
  • 06/10-12/10 2014

    E-mail mij

    Druk op onderstaande knop om mij te e-mailen.


    Gastenboek

    Druk op onderstaande knop om een berichtje achter te laten in mijn gastenboek


    Blog als favoriet !

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto

    Foto


    Blog tegen de wet? Klik hier.
    Gratis blog op https://www.bloggen.be - Meer blogs