n Kaapstadse hip-hopgroep het onlangs geslaag in hulle pogings om
roem te verwerf deur rassisties te wees. Die afgelope week is
aansienlike mediadekking gegee aan n groep wat n liedjie geskryf het
met lirieke wat die luisteraar aanhits om te help om die plaas van n
simboliese boer af te brand. Die lirieke wemel van n verskeidenheid
kreatiewe beledigings teen witmense, die koor is n herhalende dreunsang
van die woorde Jou p .s, my larney, en die musiekvideo sluit selfs af
met onregmatige betreding van en brandstigting op n plaas.
AfriForum het aanvanklik slegs op medianavrae geantwoord en besluit
om nie n verklaring oor die saak uit te reik nie, aangesien dit die
groep se gewildheid kan bevorder. Tussen Sondag en Dinsdag het die groep
egter volgens ons media-ontleders se raming meer as R1 miljoen se
mediadekking ontvang, wat die saak tot n nasionale mediadebat verhef
het. In die lig daarvan het ons n persverklaring uitgereik, wat aandui
dat n klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK)
ingedien is.
De Vos se gebrekkige perspektief
Professor Pierre de Vos was een van die eerstes om op AfriForum se
inisiatief te reageer. Sy reaksie was egter n redelike skok. In plaas
daarvan om hom by die regsinterpretasie van die saak te bepaal, het hy
verkies om hom tot persoonlike beledigings en verouderde politieke
redenasies te wend. Dit is duidelik dat De Vos niks vir die realiteite
op Suid-Afrika se plase waar boere in abnormaal disproporsionele
getalle aangeval, doodgemaak en selfs gemartel word, omgee nie. Hy sit
eerder gemaklik in sy kantoor in Kaapstad en bevraagteken die
integriteit van wat hy as sy intellektueel-minderwaardige wit landgenote
beskou wat ernstig gegrief voel oor hierdie stuk rassehaat, en wat eis
dat dit tot haatspraak verklaar word.
Die probleem met De Vos se reaksie is dat hy so beperk word deur sy
eie afwykende ideologiese wêreldsiening dat sy oordeel oor regskwessies
blykbaar vertroebel is. Gevolglik tipeer hy diegene wat n ander siening
as syne het as nie so gelukkig soos hy om geseënd te wees met wat hy as
n uitnemende vlak van intellektuele vermoë beskou nie.
Hy stel dit dat die hoë hof geen kontekstuele uitleg oor haatspraak
gegee het soos hulle veronderstel was om te doen nie nie omdat die
howe geen beslissings daaroor het nie, maar omdat die uitsprake wat deur
die hof gemaak word, nie goed by sy politieke ideologie inpas nie.
Hy beeld AfriForum verkeerdelik uit as die beskermheer van wit
bevoorregting en maak die gevolgtrekking dat AfriForum se optrede
inkonsekwent is, aangesien AfriForum nie besorg is oor die woorde of
dade van wit rassiste nie. Hulle is eerder bekommerd oor die woorde en
dade van diegene wat wit rassiste kritiseer; van diegene wat wit
bevoorregting uitdaag; van diegene wat die sosiale status en ekonomiese
oorheersing bedreig van wit mense wat hulleself as Afrikaners (n
politieke term vir n sekere groep Afrikaanssprekende wittes wat hulle
sterk met n verromantiseerde weergawe van die geskiedenis van wit
Afrikaanssprekendes vereenselwig) identifiseer.
De Vos redeneer verder dat die liedjie nie op witmense gemik is nie,
en sê dat Cyril Ramaphosa netsowel die larney kan wees na wie die
liedjie verwys. Wat hy gerieflikheidshalwe ignoreer, is die lirieke wat
lui: You came here in 1652 en Look at your founding fathers
curriculum vitae Jan van Riebeeck was the fucking Ernie Lastag of his
day. Ek is nie baie seker of die agbare lid Cyril Ramaphosa na Jan van
Riebeeck as sy founding father sal verwys nie. Enige poging om te beweer
dat die liedjie nie n aanval op witmense is nie, is misleidend om die
minste te sê.
Hy verwys na die liedjie as baie slim en n bona fide-aanwending van
artistieke kreatiwiteit, en stel voor dat dit rassisties is om hierdie
briljante stuk kuns as haatspraak te beskou.
Wel, ek is nie n regsprofessor nie, en ek is seker dat De Vos glo
dat ek, as n verteenwoordiger van AfriForum, nooit sy vlak van
intellektuele vermoë sal bereik nie (nie dat ek kla nie), maar kom ek
reageer deur te verduidelik waarom sy uitleg van die wet oor haatspraak
verkeerd is.
Die Grondwet oor haatspraak
Eerstens gaan die Grondwet in n groot mate oor konteks. Die heel
eerste artikel van die Grondwet lui dat Suid-Afrika n demokratiese
staat is wat op die beginsels van vryheid, menswaardigheid, die
bereiking van gelykheid, nierassigheid ensovoorts gegrond is.
Die reg op vryheid van uitdrukking is dan ook in artikel 16(1) van
die Grondwet verskans, en met reg. Artikel 16(1)(c) beskerm uitdruklik
die vryheid van artistieke kreatiwiteit. Onmiddellik daarna bepaal
artikel 16(2) egter dat die reg in subartikel (1) nie
propaganda vir oorlog; aanstigting van dreigende geweld; of verkondiging
van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer
is, en wat aanhitsing uitmaak om leed te veroorsaak, omvat nie (my
beklemtoning). In wese beteken dit dat, ongeag wat ander wetgewing oor
die saak sê, enige vorm van uitdrukking wat aan enige van hierdie
kriteria voldoen, nie deur die reg op vryheid van uitdrukking beskerm
sal word nie.
Artikel 36 van die Grondwet gaan oor die beperking van die regte wat
deur die Grondwet beskerm word, en bepaal dat selfs die regte wat
beskerm word, beperk kan word in die mate wat die beperking redelik en
regverdigbaar is in n oop en demokratiese samelewing wat op
menswaardigheid, gelykheid en vryheid gegrond is. Dit lys dan n paar
faktore wat in ag geneem moet word, byvoorbeeld die aard van die reg en
die belangrikheid van die doel van die beperking.
Die gelykheidswet oor haatspraak en artistieke kreatiwiteit
Benewens wat in die Grondwet bepaal word, kom haatspraak ook in die
wet op die bevordering van gelykheid en die voorkoming van onbillike
diskriminasie (Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act), wet 4 van 2000 (dikwels bloot as die gelykheidswet bekend, of aan die hand van sy akroniem PEPUDA) ter sprake.
Haatspraak word in artikel 10 omskryf:
Subject to the proviso in section 12, no person may publish,
propagate, advocate or communicate words based on one or more of the
prohibited grounds, against any person, that could reasonably be
construed to demonstrate a clear intention to-
Be hurtful;
Be harmful or incite harm;
Promote or propagate hatred.
Eenvoudig gestel, beteken dit dat die betrokke liedjie as haatspraak
beskou kan word as dit in die eerste plek gebaseer is op een of meer van
die verbode gronde, wat ras, etniese en sosiale herkoms, kleur en
kultuur insluit. In die tweede plek moet dit op enige persoon of, in
hierdie geval, enige groep persone gemik wees. In die derde plek is die
motief agter die spraak irrelevant, aangesien die toets nie lê in wat
die kunstenaar as sy motief beskryf nie, maar eerder daarin of n
redelike persoon glo dat die liedjie n duidelike voorneme toon om
kwetsend of skadelik te wees (fisiese besering is nie n vereiste nie),
of skade aan te hits, of haat te bevorder of propageer.
Gevolglik is dit nie nodig om te bepaal of die kunstenaar ten doel
gehad het dat die liedjie n werklike wapenkreet moet wees nie. Dit is
ook nie relevant of ondersteuners van die groep dit as sodanig
interpreteer nie. Die toets lê eerder daarin of die mense teen wie die
liedjie gerig is, dit redelikerwyse as n demonstrasie van die
propagering van haat kan vertolk. Na my mening is dit doodeenvoudig.
De Vos gee toe dat AfriForum n sterk saak het om n hof te oortuig
dat die relevante faktore bestaan het en dat die liedjie ingevolge
artikel 10 van PEPUDA haatspraak uitmaak. Hy sê dan egter dat, omdat die
betrokke spraak n kunswerk is, AfriForum nie sal slaag met n saak dat
die liedjie ingevolge artikel 10 tot haatspraak verklaar word nie,
aangesien artikel 12 van PEPUDA bona fide betrokkenheid by artistieke
kreatiwiteit by die haatspraakverbod van artikel 10 uitsluit. Hierdie
uitleg is ook verkeerd.
Artikel 10 handel oor die verbod op haatspraak, en artikel 12 oor die
verbod op onbillike diskriminasie. Nadat artikel 12 verduidelik wat as
onbillike diskriminasie beskou word, gaan dit voort om te sê dat bona
fide betrokkenheid by artistieke kreatiwiteit, akademiese en
wetenskaplike ondersoek, billike en akkurate verslagdoening in die
openbare belang of die publikasie van enige inligting, advertensie of
kennisgewing in ooreenstemming met artikel 16 van die Grondwet nie deur
hierdie artikel uitgesluit word nie. Hierdie bepaling is ook op artikel
10 van toepassing.
De Vos se uitleg kon waar gewees het as die liedjie wel deur artikel
16(1) van die Grondwet beskerm is. Die feit is egter dat die liedjie nie
deur die Grondwet beskerm word nie, aangesien dit by die definisie van
vryheid van spraak uitgesluit word, soos in artikel 16(2) aangedui word.
As gevolg van die inhoud van die lirieke en die beelde wat in die
musiekvideo voorkom, is ek verder oortuig dat hierdie spesifieke liedjie
nie n bona fide betrokkenheid by artistieke kreatiwiteit is nie. Die
liedjie en video het duidelik ten doel om uit te lok en staan duidelik
haat op grond van ras en etnisiteit voor. Dit is bevestig toe die
kunstenaar op Algoa FM sy teleurstelling uitgespreek het dat niemand
n petisie teen die liedjie begin het nie.
Die realiteite op Suid-Afrika se plase
Soos ek gesê het, gaan die Grondwet in n groot mate oor konteks.
Howe wat beslissings oor vryheid van spraak en haatspraak gevel het, het
ook die belangrikheid van konteks beklemtoon. Kom ons kyk dan na die
konteks.
Eerstens is aanvalle op boere n harde realiteit in Suid-Afrika.
Terwyl sommige stadsjapies wat hulle wyn en fynproewerskos waardeer
dalk nie ten volle die realiteite besef waarvoor diegene met die taak om
die kos te verskaf wat ons so dikwels as vanselfsprekend beskou, te
staan kom nie, het talle van ons persoonlike ervaring van die realiteite
van plaasmoorde.
Die realiteit is dat daar die afgelope vier jaar 2 227 aanvalle op
Suid-Afrikaanse plase plaasgevind het, waartydens 245 Suid-Afrikaanse
boere vermoor is (syfers deur die Nasionale Polisiekommissaris aan die
Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verskaf).
Die frekwensie van hierdie aanvalle is egter gering vergeleke met die
brutaliteit van die aanvalle. Ons kan heeldag lank gevallestudies oor
marteling tydens plaasaanvalle bespreek, maar ek glo dat dit algemene
kennis is.
Tweedens is hierdie liedjie vrygestel ongeveer n week nadat die
leierskap van COSATU en die ANC in die Wes-Kaap (ook die provinsie waar
die liedjie vrygestel is) gedreig het om plase oor te neem en selfs gesê
het dat die moontlikheid van grondbesettings soortgelyk aan dié wat in
Zimbabwe plaasgevind het, nie uitgesluit is nie. Of die tydsberekening
van die liedjie se vrystelling blote toeval was, is nie bekend nie. Dit
is egter uiters ironies dat die liedjie as n onskuldige kunswerk
beskerm word, terwyl politieke leiers in die provinsie dreig om te doen
presies wat deur die lirieke van die liedjie aangemoedig word.
Derdens is daar gevalle waar Suid-Afrikaanse plaasmoordenaars getuig
het dat hulle deur opruiende musiek beïnvloed is om moord te pleeg. Een
voorbeeld is dié van die 28-jarige Ntuthuko Chuene, wat aan die
Waarheids- en Versoeningskommissie gesê het dat hy n boer, Godfrey
Frederick Lanz Heuer, vermoor het omdat hy deur Peter Mokaba se sang van
die liedjie Kill the Boer, kill the farmer beïnvloed is. Chuene het
gesê dat die moord nie op Heuer gerig was nie hy was bloot n wit boer
op die verkeerde tyd.
AfriForum se konsekwente benadering van haatspraak
Die werklike onverenigbaarheid lê eintlik in De Vos se eie argument.
Eerder as om n konsekwente benadering soortgelyk aan dié van AfriForum
te volg, verkies hy om gal te braak teenoor wit Suid-Afrikaners wat,
sonder om geweld te ontlok, hulle ontnugtering uitspreek met die nuwe
Suid-Afrika wat hulle in die steek laat. Terselfdertyd ondersteun hy
swart Suid-Afrikaners wat hulle ontnugtering uitdruk deur geweld te
verromantiseer en rassehaat aan te moedig. AfriForum se benadering tot
haatspraak word konsekwent toegepas sedert ons oor die kwessie begin
praat het.
Kortliks is ons benadering tot haatspraak die volgende:
AfriForum glo daarin om probleme deur middel van dialoog op te los.
Dit is waarom ek Julius Malema voor die Shoot the Boer-haatspraaksaak
persoonlik genader het in n poging om die saak op n konstruktiewe
manier op te los. Dit is ook waarom ons op die dag waarop die nuus oor
die huidige liedjie bekend geraak het, aan hierdie sogenaamde
kunstenaar n e-pos gestuur het met die versoek dat die liedjie
onttrek moet word n versoek waarop daar in die media gereageer is toe
hulle aangedui het dat hulle nie aan ons versoek gehoor sou gee nie.
AfriForum doen ook nie stappe teen elke persoon wat na ons mening
haatspraak pleeg nie. Die toets lê vir ons in invloed. Dit is waarom ons
n klagte van haatspraak teen Malema ingedien het, en nie teen die
onbekende swart Suid-Afrikaner wat gesê het dit is nie n misdaad om van
wittes te steel nie. Dit is ook waarom ons in hierdie geval n klag
ingedien het eers nadat die saak in n nasionale debat ontaard het. Dit
is ook waarom AfriForum nie reageer op rassistiese kommentaar op
webwerwe wat deur onbekende persone gelewer word nie, ongeag of hulle
swart of wit is.
In teenstelling met wat mense soos De Vos verkies om te glo, het
AfriForum stappe gedoen teen rassisme onder wit Suid-Afrikaners, en het
persverklarings daaroor uitgereik ook. n Google-soektog sal voldoende
voorbeelde verskaf.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie
In die lig van die feit dat die SAMRK onlangs n openbare verhoor oor
plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika ingestel het, het ons
besluit om ons klag by die SAMRK en nie die Gelykheidshof nie, in te
dien. Die rede hiervoor was dat die SAMRK onlangs hulle huiswerk gedoen
het om die realiteite te bepaal waarvoor Suid-Afrika se boere te staan
kom, en dat hulle meer geskik is om n oordeel oor die saak te vel.
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en ander
LPs van die party het Dinsdag opgestaan en uitgestap tydens hul
parlementêre tugverhoor.
Dit is ons oorwoë mening dat Baleka Mbete [speaker van die
parlement] voor die komitee moet verskyn, aangesien sy onwettige
dreigemente teenoor lede van die EFF gemaak het, het Malema in sy
voorlegging aan die parlement se komitee oor regte en voorregte gesê.
Dit is ook ons oorwoë mening dat sy aangekla moet word, aangesien
die Nasionale Vergadering in duie gestort het weens ʼn gebrek aan geduld
en leierskap en sy toegegee het dat sy dit verloor het. Volgens
Malema wil die parlement en die ANC bloot die EFF verneder.
Die EFF-LPs het gesê hulle wil niks verder met die tugproses te doen hê nie waarna hulle opgestaan en geloop het.
Die LPs het verlede maand chaos in die Nasionale Vergadering
veroorsaak terwyl Zuma besig was om vrae te beantwoord oor Nkandla.
Hulle het betaal die geld terug begin dreunsing. Die EFF se LPs kan
vir tot 14 dae geskors word indien hulle skuldig bevind word.
Die EFF het vroeër die Wes-Kaapse hooggeregshof genader om ʼn
dringende interdik te bekom in ʼn poging om die proses vir eers te keer.
Die aansoek is egter van die hand gewys.
Die regering moet seker maak dat grond aan individue gegee word wat
die vermoë het om dit te gebruik, het die African Farmers Association
of SA (Afasa) Dinsdag gesê.
Ons stel dit aan Gugile Nkwinti, die minister van landelike
ontwikkeling en grondhervorming, dat ons ʼn kriteria moet hê wanneer
boere gekies word, het Mzamo Mlengana, president van Afasa, tydens die
vereniging se beraad in Pretoria gesê. Afasa is ʼn organisasie wat swart
boere verteenwoordig. Wanneer mens ʼn boer kies wat nie ʼn boer is nie,
is dit negatief vir dit wat ons doen. Dit stel ons en die regering bloot
aan kritici. Die persepsie sal weereens wees, kyk na die swart boere
wat grond ontvang het; dit werk nie.
Hy het gesê ʼn weldeurdagte grondhervormingsproses sal nie nasionale
voedselsekuriteit bedreig nie en kan die land tot voordeel strek. Ons
moet genoeg kos in die land vervaardig. Ons moet poste in die
landboubedryf skep. Sodoende kan ons armoede verlig, het Mlengana
bygevoeg.
Hy meen dit kan slegs gebeur wanneer boere opgelei word en die suksesverhale in die bedryf bespreek word.
Mlengana het gesê die Afasa-beraad het die regering se voorstel, dat
plaaswerkers 50% van die grond moet kry waar hulle werk, verwerp.
Japie Grobler, voorsitter van die Agrisektor-eenheidsforum, het as
gasspreker tydens Afasa se derde jaarkongres gesê die regering moet
seker maak dat nasionale prioriteite voedselsekuriteit en ekonomiese
stabiliteit insluit en dat dit nie in gedrang gebring word tydens
grondhervorming nie.
Grond sal herverdeel word in die land. Ons almal aanvaar dit, het
Grobler gesê. Dit is net ʼn kwessie van hóé. Dit moet só gedoen word dat
dit bekostigbaar is. Dit moet só gedoen word dat meeste mense in die
land dit aanvaar. Ons moet kos uitvoer om buitelandse valuta te verdien.
Ons moet vrede in die land hê.
Waar zijn nu de progressieven in Vlaanderen en Nederland? In de jaren 1980 van vorige eeuw was geen actie teveel voor een "democratisch" Zuid-Afrika. Welnu, Nelson Mandela werd ondertussen bijna heilig verklaard. Zijn partij die nu aan het bewind is, maakt er een zootje van. Inderdaad, in het nieuwe Zuid-Afrika worden mensen nog altijd ingedeeld volgens huidskleur. Het blanke apartheidsregime werd gewoon vervangen door een zwart racisme. Het enige verschil: Onder het "koloniale" apartheidsregime functioneerde het land nog. Nu zakt het stilaan weg.
Hier in West-Europa wil men natuurlijk geen mea culpa slaan. Men doet of er niets gebeurt. Ondertussen krijgt men in Zuid-Afrika een scenario zoals in Zimbabwe onder Mugabe. Men neemt goedwerkende landbouwbedrijven af van de blanken en na enkele jaren vindt men de boerderij niet meer terug tussen de wildernis.
Op Youtube verscheen onlangs een videoclip van COSATU, de Zuid-Afrikaanse vakbond verbonden aan het ANC, waarin zwarten oproepen tot het platbranden van de boerderijen. In het nieuwe Zuid-Afrika is het blijkbaar geen probleem om haatdragende boodschappen te verspreiden. In bijlage vindt U het filmpje op Youtube:
http://www.youtube.com/watch?v=MK4uknv35KQ
In Afrikaans:
Haatspraak ruk hand uit.
Cosatu dreig om die Wes-Kaapse plase te beset en nou hierdie groep met hulle haatspraak lirieke.
Luister na wat Ernst Roets sê en raak betrokke by AfriForum se veldtog
om die boere in die Wes-Kaap te mobiliseer vir hulle veildigheid.
De Zuid-Afrikaanse vakbond Solidariteit heeft de Zuid - Afrikaanse Revenue Service ( SARS ) gedagvaard voor het arbeidshof wegens vermeende rassendiscriminatie .
Karen Labuschagne werk de afgelopen 26 jaar voor de Revenue . In 2010 werd ze aanbevolen voor een jobpromotie.
Labuschagne heeft echter niet de de job gekregen omdat de Revenue omdat ze blank is en dat de dienst meet dat er teveel blanke vrouwen zijn...
Veel blanke afrikaners hopen nu op een gunstig proces. Zwart racisme is ondertussen de regel geworden in Zuid-Afrika.
Blanken maken bijna geen kans op promotie en worden dikwijls aan de deur gezet enkel omwille van hun huidskleur.
De wereld kijkt toe en doet niets.
Die vakbond Solidariteit pak die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in die arbeidshof oor beweerde rassediskriminasie.
Karen Labuschagne werk die afgelope 26 jaar vir die Inkomstediens. Sy
het aansoek gedoen vir n pos in 2010 en is deur n interne paneel
daarvoor aanbeveel. Labuschagne het egter nie die pos gekry nie omdat
die Inkomstediens meen daar is té veel wit vroue in sy diens.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
AfriForum doen ʼn beroep op Wes-Kaapse boere om hulself en hul
eiendom te beskerm teen die Ehrenreich/Cosatu-bedreiging. Dít, nadat
Tony Ehrenreich, Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris, vanoggend gesê het dat
plase in dié provinsie op groot skaal beset sal word en dat ʼn
sogenaamde oorlog om geregtigheid op pad is indien boere nie ophou om
werkers van plase af te sit nie.
Ehrenreich hits spanning tussen werkers en boere aan, hy
moedig geweld op plase aan in ʼn tyd waar plaasaanvalle ʼn
skokwerklikheid in die land is en veroorsaak verdere konflik oor grond.
Cosatu se onverantwoordelike uitsprake polariseer gemeenskappe in
landelike gebiede en sal verdere afleggings veroorsaak, het Ian
Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.
Cameron sê boere moet by veiligheidsnetwerke inskakel om te voorkom
dat hul plase beset word, omdat die regering nie die politieke wil het
om boere óf hul plase te beskerm nie.
Sonder boere sal ons n land van hongersnood wees.
Selfs mnr. Ehrenreich word deur boere, wat hy nou as vyande uitmaak,
gevoed, het Cameron afgesluit.
Een van die grootste swakhede van die onderhandelingsproses tussen
die destydse NP-regering en die ANC was dat die NP oor geen mense beskik
het wat grondige kennis oor die tegnieke van onderhandeling gehad het
nie.
Só het prof. Hermann Giliomee, gerespekteerde historikus, gister
[Dinsdag] by n byeenkoms van AfriForum in Pretoria gesê. Giliomee het
op uitnodiging gepraat oor die foute wat tydens die vroeë jare negentig
tydens die onderhandelingsproses gemaak is.
Hy het op die naïwiteit van leiers gewys wat tydens die
onderhandelingsproses toegelaat het dat dit in n morele debat ontaard
het wat hulle uiteindelik nie kon wen nie. Die NP het geen
gesaghebbendes gehad wat kennis gehad het van hervorming, grondwetlike
kwessies of onderhandelings nie.
Die NP het geen strategie gehad nie. Hulle het gedink hulle is besig
om n tweedehandse motor te verkoop en het geglo die grondwet sal foute
besleg en hulle n hefboom in die regering gee. Hulle het nooit besef
dat die ANC nooit n plan gehad het om hulle as n volle vennoot te sien
nie.
Die fout was dat hulle toegelaat het dat dit later n debat oor
moraliteit geword het en nie oor werklik aansprake en
verantwoordelikhede nie.
Volgens hom het die NP misluk in die onderhandelings en seine
uitgestuur dat ons net wil skik en nie veg of baklei nie. Die NP het
voorts die illusie gehad dat die ANC anders is as ander
bevrydingsorganisasies in Afrika wat ook tot groot ontnugtering gelei
het, meen Giliomee. Die NP het ook nooit na ander maniere van
magsdeling gekyk nie, het hy gesê.
Hy het ook na die goeie en swak punte van die Afrikanerleiers, dr.
Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha en FW de Klerk verwys soos
vervat in sy boek, Die Laaste Afrikanerleiers.
Giliomee het ook vrae oor die toekoms van Afrikaners beantwoord en
gesê hulle het n nuwe ideologie nodig waarin hulle weer hul eie mense
kan mobiliseer, geloof in hulself kan terugkry en krag uit hul verlede
kan put. Hierdie ideologie moet die eie behou en beskerm, aangesien die
grondwet dit beslis nie bied nie.
Die volledige artikel sal in die Desember-uitgawe van Forum, AfriForum se tydskrif, verskyn.